Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Werklose Kings speel in Bermuda
Braam van Straaten is een van die dryfkragte agter verskeie fondsinsamelings vir spelers van die Kings wat nog nie weer op hul voete kon land nie. Foto: Gallo Images

Tien voormalige spelers van die Southern Kings, wat nog nie kontrakte elders kon kry sedert die Oos-Kaapse franchise gelikwideer is nie, bly besig deur in die Wêreld-tienmanrugbytoernooi in Bermuda te speel.

Dié reeks, waarin agt private spanne van oor die wêreld heen speel, het op 24 Oktober begin en eindig Sondag.

Braam van Straaten, een van die Kings se voormalige hulpafrigters, sê hy het onverwags ’n geleentheid gekry om ’n span in die toernooi af te rig.

Stefan Ungerer speel vir die Phoenix-span in ’n toernooi in Bermuda. Ungerer het ook al in Oktober ’n bietjie help afrig by Maritzburg College. Foto: Gallo Images

“Ek het alles binne ’n kort tyd gereël en kon darem vir agt voormalige Kings speelkans kry,” sê die oud-Springbok.

Die agt oud-Kings wat vir Van Straaten se Phoenix-span speel, is Stefan Ungerer, Aston Fortuin, Aaron Brody, Gareth Heidtmann, Josiah Twum-Boafo, Eddie Ludick, Andell Loubser en Gavin Mills.

Nog twee oud-Kings, Christian Ambadiang en Courtney Winnaar, speel ook in die toernooi.

Ambadiang speel saam met die voormalige Blitsbok Cecil Afrika vir SX10 en Winnaar vir die Rhinos.

Die sterk London Royals-span – wat spelers soos Tom Bowen, Tom Emery, Alex Davis, Ben Foden, Dan Norton, JP Aguirre en Stephan Coetzee insluit – gee die pas in die toernooi aan.

Meer oor:  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.