Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wessels bring Aussie-geur na WP

Die Westelike Provinsie se rugbyspan het ’n Australiese geur bygekry met die nuus dat die gewese afrigter van die Western Force en Melbourne Rebels, Dave Wessels, hom tydelik by die span aangesluit het.

Dave Wessels
Dave Wessels

Wessels is terug in Suid-Afrika en bring tyd saam met die WP-span deur. Hy help “informeel” uit.

Die span se afrigter, John Dobson, het bevestig dat Wessels, wat jare gelede saam met hom by die Universiteit van Kaapstad afgerig het, by die span betrek is.

“Afrigters se besoeke, inligting en deel van kennis is ’n baie sterk deel van die rugbyafrigtingskultuur.

“In onlangse tye het ons selfs besoeke gehad van mense soos Stuart Lancaster (oudhoofafrigter van Engeland) en Gregor Townsend (hoofafrigter van Skotland).

“Af en toe kry ons ook besoeke van ons nasionale afrigters, net soos die ander franchises,” het Dobson aan Rapport gesê.

“Dave het toe Rassie Erasmus direkteur van rugby was, saam met hom by die WP gewerk voordat hy na Australië vertrek het.

“Hy word beskou as een van die spel se sterk tegniese denkers.

“Hy het geen kommersiële, formele of informele ooreenkoms van enige aard met die WP nie.

“Noudat hy terug is in Kaapstad en gehaltetyd met sy gesin deurbring voor sy volgende afrigtingsavontuur, het hy uitgereik om tyd saam met ons deur te bring.

“Dit is wonderlik om hom weer te sien en ’n paar idees te deel.

“Dit is baie onwaarskynlik dat ons ooit nee sou sê vir enige afrigter wat tyd saam met ons wil deurbring – ’n mens kan altyd iets leer en die WP wil ’n sterk leeromgewing skep,” sê Dobson oor Wessels, wat nou ’n Australiese burger is.

Meer oor:  Dave Wessels  |  John Dobson  |  Australië  |  Westelike Provinsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.