Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wessels vir eers steeds Rebels-afrigter

Berigte dat die Melbourne Rebels se Suid-Afrikaans gebore afrigter, Dave Wessels, binne die volgende paar dae gepos gaan word, is nie waar nie, sê Baden Stephenson, dié Australiese franchise se uitvoerende hoof.

Dave Wessels, die Rebels se Suid-Afrikaans gebore afrigter, is toenemend onder druk. Foto: Getty Images

The Sydney Morning Herald het berig dat Wessels se span sy volgende twee wedstryde móét wen as hy sy werk as afrigter wil behou.

Die Rebels is ná twee oorwinnings en vyf nederlae vierde op die Australiese Super-reeks se puntelys.

As die Western Force Vrydag in Perth daarin kan slaag om teen die Reds te verras, sal die Rebels nie meer vir die uitspeelrondes kan kwalifiseer nie.

As die Reds wen, moet die Rebels die Waratahs Saterdag klop om in die uitspeelwedstryd teen die Brumbies te speel.

Die wenner van die uitspeelwedstryd sal in die eindstryd teen die Reds, wat eerste op die puntelys is en nie meer ingehaal kan word nie, te staan kom.

Stephenson sê die Rebels het nog nie ’n besluit gemaak oor wie die span volgende seisoen gaan afrig nie.

Volgens hom sal Wessels egter steeds die afrigter wees vir die Trans-Tasmaanse reeks teen Nieu-Seeland se Super-spanne, wat op 14 Mei begin.

“Niks dui daarop dat hy (Wessels) nie die seisoen gaan klaarmaak nie. Ek was nogal taamlik verras oor bespiegeling dat hy nie in die Trans-Tasmaanse reeks betrokke gaan wees nie,” sê Stephenson.

“Ons fokus is op hierdie week en ons vertrou dat Dave die span goed sal voorberei vir die naweek.”

Wessels, wat voorheen die Force afgerig het, is sedert 2018 die Rebels se afrigter.

Stephenson het toegegee dat daar “frustrasie” is omdat die span nie hierdie seisoen ’n paar wedstryde, wat hulle naelskraap verloor het, kon wen nie.

“Daar is geen verskonings nie. Goeie spanne vind ’n manier om daardie soort wedstryde te wen,” sê hy.

Die bepalings en TV-tye vir Vrydag en Saterdag se Super-wedstryde in Australië is:

Vrydag: 11:40: Western Force t. Reds.

Saterdag: 11:40: Waratahs t. Rebels.

Albei wedstryde word op SuperSport se Grandstand- (DStv 201) en Rugby-kanaal (DStv 211) uitgesaai.

• In Nieu-Seeland neem die druk toe op sommige spanne om hul wedstryde in die Superrugby Aotearoa-reeks te wen.

Met nog net twee wedstryde oor voor die uitspeelrondes begin, is daar veral ’n kwaai stryd tussen die Chiefs, Blues en die Highlanders.

Die Crusaders is met 23 punte voor op die puntelys. Dan volg die Chiefs (16), Blues (15), Highlanders (14) en die Hurricanes (6).

Die bepalings vir Vrydag en die naweek se Aotearoa-wedstryde in Nieu-Seeland is:

Vrydag: 09:00: Chiefs t. Highlanders.

Sondag: 05:30: Crusaders t. Blues.

Vrydag se wedstryd word op SuperSport se Grandstand- (DStv 201) en Rugby-kanale (DStv 211) uitgesaai.

Sondag se wedstryd word net op die Rugby-kanaal uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.