Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wettig dagga vir spelers, meen oud-Bok

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Joe van Niekerk glo rugby moet ophou om spelers te straf wat dwelms gebruik vir ontspanning.

Die voormalige Bok-ster Joe van Niekerk leef deesdae in die woude van Costa Rica. Foto: Instagram / junglejoe333

Met sy spoed en balvaardighede is Van Niekerk (39), wat in 2010 die laaste van sy 52 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, in 2002 as die Suid-Afrikaanse speler van die jaar aangewys. In dieselfde jaar is hy as een van Wêreldrugby se topvyf-spelers van die jaar aangewys.

Hy het sy rugbyloopbaan in 2014 by Toulon in Frankryk afgesluit en hom ’n paar jaar later in die woude van Costa Rica gaan vestig.

Nadat hy bewus geword het van alternatiewe idees oor die lewe, het hy en sy lewensmaat, Marie Jordain (45), ’n Franse eiendomsbelegger wat hy in Toulon ontmoet het, vier jaar gelede begin soek na ’n geleentheid in “eksistensiële verkenning”. Die term verwys na ’n soort terapie wat fokus op die mens se vrye wil, vasberadenheid en soeke na betekenis.

Van Niekerk in aksie vir die Bokke teen die All Blacks in 2005. Foto: Getty Images

Die Franse rugbypublikasie Midi Olympique het hom gevra of die gebruik van opkikkers ’n algemene verskynsel was in die sport toe hy nog gespeel het.

“Ek glo nie in ’n georganiseerde sisteem van opkikkergebruik in rugby nie, maar daar was nog altyd dwelmgebruik vir ontspanning. Om eerlik te wees, ek glo rugbyowerhede moet meer toegeeflik wees met betrekking tot sulke gedrag,” sê hy.

“Om ’n speler vir ses maande of ’n jaar te skors want hy of sy het die aand kokaïne gebruik kom oordrewe voor. Pleks van pak slae en vernietiging, moet ons eerder die spelers bystaan, na hulle uitreik en help.

“Daar is so baie *** wat ons ná wedstryde afsluk: slaappille, tramadol ... dink jy regtig dit is gesond vir die liggaam? En tog is dit heeltemal wettig en maklik bekombaar.

“Maar wat my die meeste bekommer is dat alkohol in die middelpunt is van alles in rugby.

“Ons het liters en liters bier gedrink, ek eerste, en daar is niks erger ná afloop van ’n wedstryd nie: dit vries die bloed, dit dehidreer jou liggaam en dit verhinder die geneesproses.

“Maar alkohol is deel van alledaagse lewe in ons sport en sy stemwerwers finansier selfs die grootste kompetisies.”

Wat sou “Jungle Joe” se oplossing wees?

“Daar is miljoene plante in hierdie berge, insluitende cannabis, wat sportlui kan help om te herstel van hul inspanning. Maar voordat dit sal gebeur, voordat die farmaseutiese bedryf die wêreld uit hul kloue bevry, sou ons ongelukkig tyd gehad het om reeds twee keer te sterf.

“Kan jy glo ons leef in ’n wêreld wat steeds bang is vir die krag van plante? Dit is verregaande.”

Van Niekerk boer organies met onder meer piesangs, reusepatats en groente, en probeer mense help om geestelik “heel te word”.

RugbyPass, Sportredaksie

Meer oor:  Joe Van Niekerk  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Cannabis  |  Springbokke  |  Superrugby  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.