Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake White lok Ikey Hunt na Bulle

Robert Hunt, kragman van die Ikeys, het in die Varsitybeker-eindstryd teen Tukkies vir hom ’n kontrak by die Blou Bulle losgeskrum.

“Hy sluit hom Maandag by ons aan,” het Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Bulle, gesê.

Jake White het die oggend nadat Tukkies met die Ikeys afgereken het, vir die Kaapse vaskop ’n WhatsApp-boodskap gestuur voordat hulle telefonies gepraat het.

White het Hunt oorreed om tot volgende Oktober ’n kontrak met die Bulle te sluit. Hy was ook op die Haaie se radar.

Rathbone het aan Rapport bevestig Hunt is onder meer betrek om broodnodige diepte op vaskop in die Curriebekerreeks te verskaf. Trevor Nyakane sal vanweë Springbok-verpligtinge tot einde Oktober min vir die Blou Bulle beskikbaar wees. – Hendrik Cronjé

Meer oor:  Kontrak  |  Blou Bulle  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.