Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
White probeer om Le Roux Japan toe te lok

Jake White het onweerstaanbare aas aan Willie le Roux uitgehang om sy rugby van volgende jaar af by Toyota Verblitz te speel.

Willie le Roux in aksie vir die Springbokke teen Argentinië verlede maand. Foto: Gallo Images

Die 29-jarige Le Roux sal soos sake tans staan eers voor dan nog ná 15 September se toets teen die All Blacks in Wellington na sy Engelse klubspan Wasps terugkeer.

Hy sal as hy en White hul onderhandelinge binnekort afhandel soos verwag word, ná volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan agterbly om by die gewese Bok-afrigter se klubspan in te val.

Dít sal Le Roux se derde seisoen in Japan wees.

Hy het voorheen van 2015 tot 2017 vir Allister Coetzee se huidige klubspan Canon Eagles gespeel.

Le Roux het hom verlede jaar by Wasps aangesluit waar hy met die intrapslag groot sukses behaal het.

Hy is onder meer ná sy eerste seisoen daar deur Wasps se ondersteuners as hul speler van die jaar aangewys.

Soos die geval met die meeste ander oorsese Bokke is wat vir toetsrugby opgeroep word, het Le Roux se onlangse betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse span druk op sy verhouding met Wasps geplaas.

Dít kan sy besluit vergemaklik om sy kontrak met White te finaliseer.

Sy aanpassing by Toyota Verblitz behoort ook maklik met ander Suid-Afrikaanse spelers soos Jason Jenkins, Carl Wegner, Reniel Hugo, Jannes Kirsten, Lionel Cronjé, Clinton Swart en Gio Aplon daar te wees. ’n Bok-spanmaat soos Duane Vermeulen sal ook ná die Wêreldbeker agterbly waar hy ’n tweede seisoen vir Kubota Spears speel.

Le Roux se beplande skuif na White-hulle sal ’n teleurstelling vir Wasps se ondersteuners wees, maar Dai Young het die luukse om hom met die Engelse heelagter Elliot Daly te vervang.

Daly, wat ’n tamaai skopskoen het, vaar tans skaflik in Le Roux se afwesigheid.

Le Roux sal weens sy klubverpligtinge by Wasps nie op 6 Oktober op Loftus Versfeld in sy 50ste toets vir die Bokke in Suid-Afrika speel nie. Hy sal tot die einde van die jaar se toer in Europa op dié uitsonderlike mylpaal moet wag.

Hy speel Saterdag in Brisbane teen die Wallabies in sy 47ste toets vir die Bokke.

Meer oor:  Jake White  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Willie Le Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.