Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake se pad van skolerugby na die kruin
  • White, wat in 1963 in Johannesburg gebore is, het eers as onderwyser by Parktown Boys’ High School en toe by Jeppe Boys High rugby afgerig.
  • Van 1997 tot 1999 dien hy as tegniese raadgewer vir die Springbokke onder Nick Mallett tydens die Bokke se rekord-segetog van 17 onoorwonne toetse. Die Bokke het ook in 1998 die Drienasiestitel verower.
  • In 1995 word hy direkteur van afrigting by die destydse Transvaal Rugbyunie. Hy staan later die Leeus in die Super-12 by as fiksheidsafrigter en tegniese raadgewer.
jake white, eric sauls
  • In 1999 was hy ook assistent-afrigter van die Suid-Afrikaanse o.21-span onder Eric Sauls. Dié span wen die Junior Wêreldbeker-toernooi.
  • Ná ’n kort termyn as assistent-afrigter van die Haaie word hy in 2000 ’n Springbok-hulpafrigter onder Harry Viljoen.
  • Van 2002 tot 2003 dien hy as hoofafrigter van die SA o.21-span en wen die Junior Wêreldbeker met die meerderheid van die span wat later die Wêreldbeker sou verower.
  • In 2004 word White as Springbok-afrigter aangestel en hy wen die Drienasies-toernooi in sy eerste jaar. In 2006 verloor hy amper sy pos nadat die Bokke ’n sukkeljaar beleef, waaronder ’n rekordnederlaag met 0-49 teen Australië. ’n Jaar later, in 2007, wen Suid-Afrika die Wêreldbeker deur Engeland in Parys te verslaan. Ondanks die triomf skei White en die Bokke se paadjies. Hy werk daarna ’n paar jaar lank vir die Internasionale Rugbyraad in ’n tegniese rol.
  • White word die Brumbies se hoofafrigter vir die 2012-seisoen. Hy haal die Super-eindstryd in 2013. Hy bedank nadat hy hoor hy sal nie Australië kan afrig nie.
  • Word in 2013 aangestel as die Haaie se hoofafrigter deur sy gewese Bok-kaptein John Smit, wat toe die uitvoerende hoof was. Ondanks sukses op die veld, bedank White ná botsings met spelers, en om ’n internasionale rol te jaag.
  • Ná ’n kort termyn as tegniese raadgewer by Tonga word White in 2014 Montpellier se hoofafrigter. Onder hom wen die Franse span die Europese Uitdaagbeker, en kwalifiseer twee keer vir die uitspeelrondes in die Top-14. Maar sy “direkte rugby” is nie gewild by spelers nie, en meer as een praat oor hoe gelukkig hulle is toe hy in 2017 bedank.
  • Begin in 2017 as Toyota Verblitz se hoofafrigter en wen die Japanse liga in 2019.

Meer oor:  Jake White  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.