Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
George Whitehead voer Poubloues aan
George Whitehead sal Griekwas Saterdag in ’n oefenwedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs aanvoer. Foto: Gallo Images

Griekwas se “nuwe” afrigter het besluit om nie die wiel te herontwerp nie, met George Whitehead wat die span Saterdag op die veld sal lei.

Die Poubloues speel gasheer vir die Vrystaat-Cheetahs in ’n oefenwedstryd in Kimberley – die span se eerste kragmeting in amper 13 maande.

Whitehead (31), ’n losskakel, was die span se kaptein in 2019 toe hulle die halfeindronde van die Curriebeker-reeks gehaal het.

Scott Mathie, wat al verlede jaar as afrigter aangestel is, se span, het ’n groep van 32 spelers aangewys om uiteindelik te wys waartoe hulle in staat is.

Dat daar roes sal wees, is ’n gegewe, met slegs ’n paar spelers soos Bjorn Basson, Anthony Volmink en Whitehead wat in die afseisoen elders gespeel het. Dan het die senter Johnathan Francke laas in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks in 2018 gespeel. Hy het in dié wedstryd ’n besering opgedoen wat hom maande langs die kantlyn gehou het.

Maar daar is ook ’n paar opwindende spelers, wat hulle die afgelope paar maande by Griekwas aangesluit het soos Thembelani Bholi (losvoorspeler), Adré Smith (slot) en die Klaasen-“broers”, Berton en Harlon (albei senters), wat voorheen vir die Kings uitgedraf het.

Griekwas se groep:

Stutte: Andrew Beerwinkel, Khwezi Mona, Mox Mxoli, Madot Mabokela, Ewald van der Westhuizen, John-Roy Jenkinson.

Hakers: CJ Conradie, Monde Hadebe.

Slotte: Ian Groenewald, Mzwanele Zito, Victor Sekekete, Adré Smith, Ewan Coetzee.

Losvoorspelers: Thembelani Bholi, Stefan Willemse, Shaine Orderson, Niell Jordaan, Zandré Jordaan, Carl Els.

Skrumskakels: Zak Burger, Chriswill September.

Losskakels: George Whitehead (k), Ashlon Davids.

Senters: Johnathan Francke, Berton Klaasen, André Swarts, Eduan Keyter, Harlon Klaasen.

Buite-agterspelers: James Verity-Amm, Bjorn Basson, Daniel Kasende, Anthony Volmink.

Meer oor:  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.