Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
George Whitehead wil kans aangryp

“Dit gaan glad nie oor hoe lank jy wag om jou kans in die beginspan te kry nie, maar wat jy met daardie geleentheid maak.”

So sê George Whitehead, wat die eerste keer in die Cheetahs se opdrafspan op losskakel ingesluit is. Hulle speel Saterdag ’n Pro14-rugbywedstryd teen Zebre in Parma, Italië.

George Whitehead in die wedstryd teen die Cardiff Blues aan die begin van verlede maand. Hy is vir Saterdag se wedstryd teen Zebre die eerste keer in die Cheetahs se beginspan ingesluit. Foto: Gallo Images

Die 30-jarige Whitehead vervang Tian Schoeman in die beginspan. Hy was in die span se laaste wedstryd op 30 November teen die Ospreys in Neath ’n plaasvervanger, maar het nie speelkans gekry nie.

In die wedstryde voor dit teen onderskeidelik die Cardiff Blues en die Scarlets het hy 13 en 19 minute speelkans gekry toe hy Schoeman vervang het.

Whitehead sê daar is nie noodwendig meer druk op hom omdat hy die eerste keer begin nie. Hy glo elke speler se benadering tot enige wedstryd, of hy nou begin of van die plaasvervangersbank af speel, moet dieselfde wees.

Whitehead en Tian Meyer is die skakelpaar vir die wedstryd.

“Ons rolle is om die tempo van die wedstryd te beheer en dan gaan dit ook daaroor dat ons die regte besluite neem,” sê Whitehead.

Zebre is nie juis een van die sterk spanne in die reeks nie.

Ons sal op ons beurt die geleenthede wat ons skep, moet afrond.
George Whitehead

Die Cheetahs het sedert hul toetrede tot die reeks al vier hul wedstryde teen die Italianers gewen.

Whitehead sê hulle sal hulle nie daardeur laat flous nie.

“Zebre is ’n gevaarlike span en die manier hoe hy aanval, sal beheer moet word.

“Ons sal op ons beurt die geleenthede wat ons skep, moet afrond.”

Zebre het Saterdag teen die ander Italiaanse span in die reeks, Benetton, met 25-36 vasgeval.

Die Cheetahs het hul laaste wedstryd (teen die Ospreys) met 18-13 gewen, ná drie agtereenvolgende nederlae teen Connacht, die Scarlets en die Cardiff Blues.

Whitehead glo daardie oorwinning oor die Ospreys het wondere vir die span se selfvertroue verrig.

“Ek dink die oorwinning het die momentum in die regte rigting geswaai.”

Meer oor:  George Whitehead  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.