Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Whiteley óók na Haaie om te help afrig

Die gewese Springbokkaptein Warren Whiteley kan hom binnekort by die Haaie aansluit as hul nuwe lynstaan-afrigter.

Warren Whiteley het amper ongesiens die skuif van speler na afrigter gemaak. Foto: Gallo Images

Whiteley, wat nog nie amptelik as speler uitgetree het nie, maar reeds die afgelope twee jaar die Leeus se lynstaan-afrigter is, se skuif van Johannesburg na Durban is volgens Rapport se bronne feitlik ’n uitgemaakte saak.

Terwyl die Leeus tans met hul spel sukkel en daar toenemende druk is op Ivan van Rooyen, die hoofafrigter, blyk dit dat dinge nie pluis is in die Leeus se afrigtingspan nie.

Whiteley kan die eerste van talle wees wat groener weivelde gaan soek.

Whiteley word as deel van die Haaie se groter planne gesien.

Hy was in Durban op skool voordat hy Johannesburg toe verhuis het om sy loopbaan voort te sit.

Whiteley het aan Rapport bevestig dat die Haaie hom genader het, maar het gesê hy het nog geen kontrak geteken nie.

“Hulle het my genader, maar ek praat nog met Rudolf Straeuli (uitvoerende hoof) by die Leeus, ek het dus nog geen besluit geneem nie,” het hy aan Rapport gesê.

Die Haaie het vroeër ook verskeie nuwe aanstellings in hul afrigtingspan aangekondig.

Dit sluit in Akvsenti Giorgadze, die hardebaard oudhaker van Georgië, as skrumkonsultant.

Die Ier Noel McNamara en die huidige Blitsbok-afrigter, Neil Powell, sal hulle by die span aansluit as hulpafrigters.

Dit terwyl die gewese Springbok-verdedigingsafrigter John McFarland tans in dié hoedanigheid by die span betrokke is.

Powell sal hom ná volgende jaar se Wêreldbeker-sewes by die span aansluit.

Whiteley sal nie net as lynstaan-afrigter dien nie, maar ook as mentor vir die groot gros jong talent in die unie.

Rapport het verlede week ook berig dat die Haaie die gewese Wallaby-senter Ben Tapuai gekontrakteer het, asook die slot Gerbrandt Grobler en die Griekwas-blits Eduan Keyter.

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.