Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Warren Whiteley platgeslaan

Warren Whiteley is uit die Wêreldbekertoernooi.

Die Springbok-agtsteman se hoop om betyds vir die Wêreldbekertoernooi te herstel ná sy ernstige kniebesering, is die afgelope week ’n nekslag toegedien toe ontsteking in die seer knie gemaak het dat hy kwalik sy rehabilitasie-oefeninge kon doen.

Warren Whiteley

Die 31-jarige Whiteley wou gister op Ellispark vir die Leeus in ’n Curriebeker-kragmeting met die Bulle speel, maar sy terugkeer tot rugby is weens die ontsteking gesaboteer.

Die besielende en gewilde kaptein van die Leeus se knie het die eerste ses weke van sy rehabilitasieprogram uitstekend op oefeninge gereageer. Sy Wêreldbekerdroom het egter nou ontspoor toe hy die intensiteit van sy oefeninge moes verhoog en hy begin draf het.

Die pyn wat hy met die oefeninge ervaar het, het daartoe gelei dat hy nie met die oefeninge kon volhou nie.

Whiteley is die afgelope tyd by die afrigtingspan van die Leeus betrokke. Sy betrokkenheid by die span help hom in ’n mate om vir sy Wêreldbeker-teleurstelling te vergoed.

Dis nie net Whiteley wat Saterdag se toets teen Argentinië op Loftus Versfeld sal misloop nie.

Aphiwe Dyantyi, Da­mian Willemse en Jan Serfontein is ook in ’n wedloop teen tyd gewikkel om beskikbaar te wees.

Willemse herstel nog van ’n kniebesering. Daar sal eers vroeg volgende week presies bepaal kan word wanneer hy terugkeer.

Daar is hoop dat hy ’n paar minute speeltyd in die WP se Curriebeker-wedstryd teen die Griekwas kry en in die wedstryd teen die Cheetahs betrokke sal wees.

Dyantyi hardloop al voluit ná ’n liesbesering, maar mag nog nie enige systappe doen nie.

Dillyn Leyds kan in Dyantyi se moontlike afwesigheid vir die toets teen die Poemas betrek word om van die vleuels wat op toer in Nieu-Seeland en Argentinië was, ’n ruskans te gee.

Leyds was vroeër ’n plaasvervanger in die Rugbykampioenskaptoets teen die Wallabies op Ellispark. Ander vleuels buite die groep sal slegs in die geval van verdere beserings oorweeg word.

Saterdag se toets teen die Poemas is die laaste voordat die finale 31-tal vir die Wêreldbekertoernooi later die maand tydens ’n oefenkamp in Bloemfontein gekies word.

Die Bokke vertrek op 31 Augustus oorsee en speel nog op 6 September in ’n toets teen Japan voordat die Wêreldbeker begin.

Die Bok-kamp moet dus besluit of hulle met Dyantyi-hulle sal waag om hulle in die 31-tal te kies in die hoop dat hulle betyds voor die Japan-toets herstel.

Serfontein is langer as wat aanvanklik verwag is uit weens ’n enkelbesering. Hy hoop om einde Augustus die nodige goedkeuring van Montpellier se mediese span te kry om weer te spel.

Die kans is wel goed dat Siya Kolisi op Loftus terug in die Bok-trui sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.