Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Whiteley se plan het nog nie verander

Sy planne het nog niks verander nie, sê Warren Whiteley, die voormalige Springbok- en Leeus-kaptein, wat tans die Gautengers se voorspeler-afrigter is.

Whiteley het Dinsdag gereageer op sprake dat hy weer ’n mediese mening gaan inwin oor sy knie en dat die kans daar is dat hy weer eendag op die speelveld gesien kan word.

“Dit is eintlik niks nuut wat gesê word nie. Ek sou in elk geval weer vir ’n opinie oor my knie gegaan het, maar met die inperking het dit dinge voorlopig verander. Ek wag nou vir al die beperkings om opgehef te word en dan sal ek weer na die knie laat kyk.

Warren Whiteley sê sy onmiddellike fokus bly op afrigting, hoewel hy later weer ’n mediese mening sal inwin oor die moontlikheid om weer te speel. Foto: Gallo Images

“My fokus is egter nou net op my afrigting en om so goed daarin te wees as wat ek kan. Ek wil net die Leeus help ontwikkel,” sê hy, sonder om werklik meer lig te werp op die moontlikheid dat hy dalk weer as rugbyspeler in aksie gesien kan word.

Die 32-jarige Whiteley is in sy speeldae beskou as een van die fiksste spelers in die land en by die Leeus was hy wat daardie aspek betref sonder weerga.

Hy het toegegee dat hy nie lus sal wees om weer vir ’n operasie te gaan nie en dat sy knie heel stabiel voel. Tog klink dit asof hy vrede gemaak het met die feit dat sy toekomstige heil by afrigting lê.

Wat die stelselmatige terugkeer van die spel betref, sê Whiteley dit maak hom baie opgewonde en dat dit goed is “om nou weer net ’n bietjie lig aan die einde van die tonnel te kan sien en om hoop te kan hê. Net soos ons as afrigters brand om weer aan die gang te kom, brand die spelers om net weer te kan speel.

“Dit is baie lekker om te weet die wiele is aan die rol dat almal weer betrokke kan raak by die spel. Dit is baie bemoedigend en ons het weer iets om na uit te sien.

“Wat my veral met opwinding vul, is die idee dat ons ’n baie sterk plaaslike reeks (Curriebeker) sal hê met al die Springbokke wat in aksie gaan wees. Dit gaan iets wees om na uit te sien. Die gehalte en wedywering gaan baie hoog wees,” sê hy.

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.