Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wian du Preez hang stewels op; wil afrig
Wian du Preez, stut van die Cheetahs, hou in 2005 die Curriebeker omhoog nadat hulle die Blou Bulle in die eindstryd op Loftus Versfeld geklop het. Foto: Gallo Images

Ná wat hy as ’n goeie seisoen vir sy Franse klubspan, Lyon, beskryf het, het die voormalige Springbok- en Cheetah-loskopstut Wian du Preez (33) besluit om sy stewels op te hang.

“Nadat ek twee jaar gelede my hakskeensening geskeur het, het ek gedink die tyd vir my uittrede is naby. Vanjaar het ek ’n goeie seisoen beleef en die tyd was net reg vir my om klaar te maak,” het Du Preez, wat verlede week na die land teruggekeer het, gesê.

Hy is terug in Bloemfontein en het die sakewêreld as finansiële raadgewer betree, maar hunker steeds daarna om by rugby betrokke te wees.

“Kyk, ek gaan glad nie meer speel nie, maar ek sal graag by afrigting betrokke wil raak. Dit hang net af watter geleenthede daar is.

“Ek sal graag op die een of ander manier nog by rugby betrokke wil bly,” sê hy.

Hy het sy enigste toets in November 2009 vir die Bokke teen Italië in Udine gespeel.

Dit was egter sy tyd by die Vrystaat-Cheetahs (79 wedstryde) wat hom sonder twyfel bybly. Hy het ook vir die franchise in vyf Super-wedstryde gespeel.

“Daar was baie hoogtepunte. Hier, in Ierland en in Frankryk. My beste herinnering is natuurlik toe ons (Vrystaat-Cheetahs) die Curriebekerreeks in 2005 teen die Bulle op Loftus gewen het en hier in 2007 toe ons die Leeus geklop het.

“In 2009 het ek nog ’n hoogtepunt behaal toe ek my buiging as Springbok gemaak het en in dieselfde jaar vir die Vrystaat teen die Britse Leeus hier uitgedraf het.

“Ek het ook saam met Munster twee keer die Magnersliga gewen en saam met Lyon twee keer die Pro D2-reeks om vir die Top-14 te kwalifiseer.”

Du Preez het in 87 wedstryde vir Munster gespeel. Vir Lyon het hy 22 keer uitgedraf.

Meer oor:  Lyon  |  Cheetahs  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.