Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wie het die rugby-maestro doodgemaak?

Kinders moet helde hê; ook sporthelde.

Ons helde was rugbyspelers en wel agterspelers. Hoekom agterspelers? Seker omdat hulle dit gedoen het waarvoor rugby as spel eintlik gestaan het: spoed en vaardighede soos systap, swenk en fop-aangeë.

Gerrit Pool
Gerrit Pool.

Maar dis nie ons Springbokhelde oor wie ek wil gesels nie. Dis oor die klein landjie Wallis se byna onvergelykbare opbrengs van “footballers” ná die Tweede Wêreldoorlog.

Vir die gewone Wallieser was rugby in die vorige eeu ’n tweede godsdiens. Die steenkoolmynwerkers het gesorg vir geharde voorspelers, terwyl in die dorpies die rye skakelhuise op die strate die vlugvoetige agterspelers gelewer het. Volgens die Walliesers – tong in die kies – kon jy nie op die dorpies oorleef sonder vinnige voetwerk nie want wanneer jy by die skakelhuis se voordeur uitgestap het, was jy in die straat en moes jy vinnig trap om die motors en fietse te mis. Jy moes kon systap om te oorleef!

Die eerste Walliese “footballer” wat ek in lewende lywe gesien het, was die losskakel Cliff Morgan. Hy was reeds tydens die toets teen die 1951-’52-Springbokke waarin ons Wallis ná ’n titaniese stryd met 6-3 geklop het, ’n doring in ons vlees. In my geestesoog – daar was immers nie TV nie – het hierdie “groot” losskakel al hoe groter geword. Toe sien ek hom in 1955 vir die Britse Leeus teen die destydse Suidwes-Afrika speel. Wat ’n verrassing. Pleks van ’n groot man, was daar ’n klein bondeltjie energie met wakker oë wat heeltyd twee opponente besig gehou het, voor my. Hy was ’n man vir die groot oomblik, ook as kommentator nadat hy uitgetree het.

JPR Williams het in 1974 met byna arrogante selfvertroue teen die Springbokke gespeel. Foto: JPR

Die middel van die 1960’s het ’n dekade van ongelooflike Walliese agterspelers ingelui. Name soos Gareth Edwards, Barry John, John Dawes, Gerald Davies, Phil Bennett, JJ en JPR Williams om enkeles te noem, het ook by ons huishoudelike name geword. Hulle was die kern van die Britse Leeus se agterlyn wat vir die eerste keer in 1971 en in 1974 onderskeidelik toetsreekse teen die All Blacks en Springbokke gewen het.

Hierdie Walliese agterspelers het die spel gespeel soos dit veronderstel was om gespeel te word. Met hul spoed en vaardighede het hulle van rugby ’n vertoonvenster in al sy glorie gemaak. Hulle was die ruggraat van een van die beste wedstryde van alle tye – die Britse Barbarians teen die All Blacks in 1973. Die drie wat Bennett met ’n teenaanval begin het en Gareth Edwards toe gedruk het, het alle moontlike vaardighede van rugby bevat en is weergaloos in die geskiedenis van die spel.

Wallis se rugbyhelde het ook Suid-Afrikaners s’n geword. Waar seuntjies hul eie rugbywedstryde gespeel het, het jy dikwels gehoor “Ek is Gareth Edwards” of “Ek is Phil Bennett”, veral ná die tweede toets in Pretoria in 1974 toe hulle die Springbokke deurmekaar gehardloop het.

En vandag? Wat het van die Walliese voerband van vlugvoetige agterspelers geword?

Die steenkoolmyne moes sluit en Wallis was sy van nature kragtige voorspelers kwyt. Voorspelers moet nou in gimnasiums sterker gemaak word. Om alles te vererger, is liggaamlike opvoeding in skole gesta

Ook by ons kan gevra word of, beginnende by skoolvlak, die vrees vir verloor en die gepaardgaande laer risiko-benadering die einde van die rugby-maestro beteken?

ak. Waar die ontwikkeling van balvaardigheid byna daagliks deel van die skoolstelsel was, moes die rugbyklubs dié taak oorneem.

Dié faktore tesame met die geleidelike verandering van die spelreëls in die professionele era het die vonk uit Walliese rugby geneem. Die era van die “footballer” moes plek maak vir die era van “vrees vir foute, verdediging en oororganisasie”.

Die era van die “footballer” moes plek maak vir die era van “vrees vir foute, verdediging en oororganisasie”.

Die huidige Walliese span behaal wel resultate – soos hul derde plek op die wêreldranglys getuig – maar die “magic” van weleer is weg.

Natuurlik het ons in Suid-Afrika ook ons agterspeler-helde gehad.

2 Junie 1984: Danie Gerber mik doellyn toe in die eerste toets teen die Engelse op Boet Erasmus. Die Bokke het met 33-15 gewen. Foto: DIE BURGER ARGIEF

’n Klompie name skiet my te binne. Uit Noord-Transvaal, losskakels soos Hannes Brewis en Naas Botha – vir wie dr. Danie Craven ’n groot bewondering gehad het – en die Nataller Keith Oxlee; senters soos Mannetjies Roux, John Gainsford en Danie Gerber; heelagters soos HO de Villiers en Gysie Pienaar wat heelagterspel na ’n ander vlak geneem het, en vleuels soos Jannie Engelbrecht, Carel du Plessis en Bryan Habana vir wie swenk en vaartversnelling tweede natuur was.

In die 1960’s wou elke jong seun ’n Mannetjies Roux wees. Daarna was dit ’n HO de Villiers, Danie Gerber of ’n Naas Botha.

Die gemeenskaplike faktor by al dié helde – fisieke vermoëns uitgesluit – was hul vermoë om te kyk wat voor hulle aangaan; om ’n situasie op te som; om ’n gaping blitsig te benut; om te antisipeer. Dit het altyd gelyk of hulle die wêreld se tyd gehad het om besluite te neem.

Het dié soort speler nog ’n plek in hedendaagse rugby?

Ook by ons kan gevra word of, beginnende by skoolvlak, die vrees vir verloor en die gepaardgaande laer risiko-benadering die einde van die rugby-maestro beteken?

Algaande word ons kinders se rugbyhelde eerder yster-voorspelers soos Malcolm Marx en Pieter-Steph du Toit.

Onder die agterspelers is daar darem een ligpunt: Faf de Klerk.

Die energie straal uit hom en hy gryp die verbeelding aan soos die Walliese en Springbok-helde van weleer. Ek hoop van harte hulle verander hom nie in nog ’n patroonspeler nie – ter wille van ons kinders.

Meer oor:  Gerrit Pool  |  Meining  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.