Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wiese terug vir Cheetahs, Manjezi uit

Albei die Cheetahs se geskorste spelers mag weer die rugbyveld betree, maar die span kon nie albei oorweeg vir Saterdag se herontmoeting met die Southern Kings in Bloemfontein nie.

Die agtsteman Jasper Wiese gaan sy terugkeer maak, maar die senter Dries Swanepoel, wat ook sy skorsing reeds uitgedien het, sal weens ’n enkelbesering vir ten minste nog ’n week nie kan speel nie.

Jasper Wiese maak ’n welkome terugkeer tot die Cheetahs se beginspan ná sy skorsing. Foto: Gallo Images

Dan is daar die slegte nuus dat die vuurvreter-slot Sintu Manjezi in alle waarskynlikheid die wedstryd weens ’n skouerbesering sal misloop. Hy is verlede Saterdag in die eerste derby teen die Kings in Port Elizabeth beseer.

Wiese sal die beseerde Gerhard Olivier vervang, wat ’n sny aan sy gesig opgedoen het. JP du Preez behoort op sy beurt Manjezi se plek te neem.

Hawies Fourie, die Cheetahs se hoofafrigter, is in sy noppies om Wiese terug te hê in sy beginspan, vir wat ’n fisieke wedstryd teen ’n omgekrapte Kings-span sal wees.

Die Kings het hoeka verlede week in Port Elizabeth, veral in die eerste helfte, voorlangs die oorhand oor die Cheetahs gehad.

“Ons het hom (Wiese) taamlik gemis, hy beskik oor baie vaardighede, hy het baie krag en vaart. Hy bring baie na die wedstryd en ons sien uit daarna om hom die naweek terug te hê.

Ons het regtig die laaste tyd hard gewerk, ons wil beter afrond en dit nie weer ’n eenpunt-wedstryd maak nie.
Hawies Fourie

“Aan die ander kant sal Sintu dalk die wedstryd misloop omdat hy steeds las van sy skouerbesering het. Dit is maar ’n geval van een terugkry en een verloor,” sê Fourie.

Hy gee toe dat die Kings veral die kontaksituasies in die eerste helfte oorheers het en dít is tydens rustyd aangespreek.

“Ons moet Saterdag meer bestendig wees en deur meer fases speel en hulle verdediging rek, dan sal ons die breekslae kan bewerkstellig om die drieë te druk.”

Intussen sê die senter William Small-Smith hulle wil nie weer tot die 80ste minuut wag om ’n oorwinning te behaal soos die afgelope naweek nie. Hy sê hulle sal Saterdag met baie meer vertroue speel.

“Dis ongelooflik watter verskil ’n oorwinning met een punt in ’n kleedkamer kan meebring. Veral ná die wedstryd teen Connacht (wat met 22-24 verloor is) voel ’n mens jy moes gewen het, maar het nie.

“Ná hierdie wedstryd het jy dalk gevoel jy was gelukkig, maar jy het vyf punte vir die oorwinning gekry. Maar, ons glo in wat ons doen, ons glo in mekaar en wil beter rugby speel.

“Ons het regtig die laaste tyd hard gewerk, ons wil beter afrond en dit nie weer ’n eenpunt-wedstryd maak nie.”

Small-Smith het Saterdag teen die Kings ná 22 minute se speeltyd die veld met ’n bloedbesering verlaat en kon nie binne die toegelate tyd steke kry nie. Hy behoort die naweek weer op sy pos te wees op binnesenter langs Benhard Janse van Rensburg.

* Divan Uys is die blaser vir Saterdag se derby.

Meer oor:  Sintu Manjezi  |  Jasper Wiese  |  Hawies Fourie  |  Cheetahs  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.