Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wilkinson was ‘leeg’ ná dade van 2003

Jonny Wilkinson se skepdoel in die doodsnikke om die Wêreldbeker-toernooi in 2003 vir Engeland te beklink, het aan hom ikoniese status besorg, maar hy is agterna met gevoelens van “leegheid en onbekwaamheid” gelaat.

Die legendariese Engelse losskakel Jonny Wilkinson sê sy lewe is nou gevul met die onbekende en dit is “opwindend”. Foto: Getty Images

Die voormalige Engelse losskakel vier volgende maand sy 40ste verjaardag en vertel in die Daily Mail dat hy in ’n “afskuwelike” mens verander het wat ongelukkig was in die kollig en in vrees vir die onbekende geleef het.

Dit was eers ná sy uittrede en die begin van sy lewe buite die kollig, dat hy uiteindelik geluk gevind het.

“Ek het gevoel ek het alles moontlik bereik wat ’n mens op 24-jarige ouderdom kon. Ek het gedink ek is die man. Ek het later besef ek kon nie verder van die waarheid af wees nie,” sê hy.

“Ek het begin om almal anders te probeer beheer. Vra enigiemand wat daardie tyd rondom my was, ek was afskuwelik. Maar die lewe is nou ongelooflik.”

Wilkinson, wat onlangs vir die eerste keer pa geword het, sê sy uittrede het hom geleer hy kan ’n baie gelukkiger persoon wees as hy in die agtergrond verdwyn en nie te doen het met die daaglikse ophemeling soos in sy speeldae nie.

“Ek is lief vir my lewe, maar dit het niks met rugby te doen nie. Dit is die teenoorgestelde,” sê hy.

“Toe ek deel was van ’n span Wêreldbeker-wenners het ek ná die tyd nog nooit so leeg gevoel nie.

“Toe ons ’n paar titels by Toulon gewen het, is ek daar weg en daar was geen sonsondergang vir my om in weg te wandel nie.

“Ek het besef dat ek ’n splinternuwe wêreld kon hê deur ontslae te raak van hierdie idee dat ek ’n belangrike persoon is.

“Ek kyk na rugby en dink: ‘Sou ek teruggaan?’ Daar is nie ’n kans nie.”

Hy dink terug aan die oomblik toe Mike Catt die bal oor die kantlyn geskop het om die oorwinning vir Clive Woodward se span oor die gasheer Australië in 2003 te verseker – en hy vergelyk dit daarmee om in ’n winkel te wees met baie geld om te bestee.

“Jy is op die drumpel van iets, ongelooflike dinge wag, maar jy is nog nie heeltemal daar nie,” sê Wilkinson.

“Dit is die pragtigste gevoel. Dit is soos om in ’n winkel te wees met sakke vol geld. Jy kies en keur, koop presies wat jy wil hê, maar dit is nie so lekker soos voorheen toe jy nog nie jouself daartoe verbind het nie.

“Ek voel nou so. Toe ek nog gespeel het, was ek vreesbevange vir die onbekende. My lewe is nou gevul met die onbekende en dit is opwindend.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Jonny Wilkinson  |  Toetsrugby  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.