Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Willemse bly by Kings, maar dalk nie vir lank
Michael Willemse, die Southern Kings se haker, onderhandel tans met Edinburgh oor ’n moontlike skuif na dié klub.Foto: Gallo Images

Die haker Michael Willemse bly vir eers ’n King.

Die Southern Kings se hoof-uitvoerende beampte, Charl Crous, het Maandag in ’n verklaring bevestig dat Willemse en sy agent besig is om met Edinburgh oor ’n moontlike skuif ná dié Skotse Pro14-span te gesels.

Willemse, wat ook gereeld die Kings aanvoer, is van plan om eers te skuif wanneer sy kontrak by die Kings verstryk.

En dít is teen die einde van Junie vanjaar. Dit beteken hy sal eers vanjaar se Pro14-reeks in Kings-kleure voltooi.

Willemse het onlangs teen die einste Edinburgh sy terugkeer gemaak ná hy lank met ’n borsbesering gesukkel het.

Sedert die Kings verlede jaar in die Pro14-reeks begin speel het, het sewe van hul spelers al oorsee gaan speel.

Nie al sewe dié spelers het kontrakte by die Kings gehad nie. Van hulle was leenspelers.

Die blootstelling by die Kings het nietemin gehelp om die oorsese kontrakte te beklink.

Die blootstelling by die Kings het nietemin gehelp om die oorsese kontrakte te beklink.

Die sewe is Stephen Coetzee (haker, Seattle Seawolves), Pieter-Steyn de Wet (losskakel, Aurillac), Jacques Nel (senter, Aurillac), Jarryd Sage (senter, Dragons), JP Smith (skrumskakel, Seattle Seawolves), Entienne Swanepoel (stut, Valsugana) en Tristan Blewett (senter, New Orleans Gold).

Tertius Kurger, hier in besit teen Connacht, is fiks verklaar om sy gewese Cheetahs-spanmaats Vrydag die stryd aan te sê.Foto: Gallo Images

Die Kings het intussen die goeie nuus gekry dat die heelagter Masixole Banda en senter Tertius Kruger wel Vrydag teen die Cheetahs sal kan speel.

Die Kings pak die Cheetahs om 19:00 in ’n Pro14-wedstryd in die Madibaz-stadion.

Banda het met ’n been- en Kruger met ’n handbesering gesukkel. Hulle het dié beserings in die Kings se vorige kragmeting met Edinburgh in Skotland opgedoen.

Daar hang wel ’n vraagteken oor die beskikbaarheid van die flank Tienie Burger.

Burger het ’n liesbesering in een van die Kings se oefeninge opgedoen en is langs die kantlyn.

Ruaan Lerm, die Oos-Kapenaars se vurige agtsteman, sukkel self met ’n ligte beenbesering, maar hy behoort reg te wees om die Cheetahs aan te durf.

Meer oor:  Michael Willemse  |  Edinburgh  |  Port Elizabeth  |  Pro14  |  Kontrak  |  Haker  |  Southern Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.