Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Willemse gaan nou ook in Skotland speel

Die Skotse klubspan Edinburgh sal gou met ’n Suid-Afrikaanse voorry spog nadat Michael Willemse, haker van die Kings, besluit het hy gaan sy rugby oorsee speel.

Seer skouer nommer een – Michael Willemse. Foto: Gallo Images

Murrayfield sal ná die Pro14-reeks sy tuisveld word. Hy sal daar met Allan Dell en Pierre Schoeman, nog twee voormalige Junior Bokke, in die voorry herenig word. Nog ’n Suid-Afrikaanse voorryman, WP Nel, is al geruime tyd een van Murrayfield se lieflingseuns.

Die 25-jarige Willemse se vertrek is ’n yslike terugslag vir die Kings. Veral omdat hakers van sy gehalte dun gesaai is.

Hy is ’n produk van die Baai waar hy aan Grey PE gematrikuleer het. Hy het die Oostelike Provinsie op o.18- en o.19-vlak verteenwoordig, voordat hy in 2013 vir die Ikeys in die Varsitybeker gespeel het.

Nadat hy die WP en Stormers op o.21-, Vodacombeker-, Curriebeker- en Superrugby-vlak verteenwoordig het, het die Kapenaars hom in 2016 aan die Kings geleen, waar hy vir hom ’n kontrak losgeslaan het.

Hy het in 2017 ’n vinnige draai by die Leeus gemaak voordat hy teruggekeer het na die Kings, waar hy dikwels hul kaptein was.

Hy het vroeër vanjaar, ironies in ’n wegwedstryd teen Edinburgh, sy terugkeer tot die speelveld vir die Kings gemaak ná ’n skouerbesering.

Deon Davids, afrigter van die Kings, sal sy huiswerk deeglik moet doen om ’n plaasvervanger vir Willemse te vind. Scarra Ntubeni se naam word al geruime tyd met die Kings verbind, maar dit lyk of hy planne het om in die Kaap te bly.

Deon Davids, afrigter van die Kings, sal sy huiswerk deeglik moet doen om ’n plaasvervanger vir Willemse te vind.

Stephan Lewies, slot van die Leeus, sal hom ná die Superreeks by die Engelse klubspan Harlequins aansluit. Lewies moet voor dan die leemte help vul wat Franco Mostert met sy vertrek na Gloucester by die Leeus gelaat het.

Benewens Lewies leen die Leeus ook die 21-jarige vaskopstut Carlu Sadie by die WP. Sadie is betrek nadat Ruan Dreyer hom by Gloucester aangesluit het. Sadie word as ’n sterk skrumwerker beskou en sou min speelkans by die Stormers in die teenwoordigheid van Wilco Louw en Frans Malherbe kry.

Hy moet ná Superrugby na die Kaap terugkeer.

Nóg ’n aanwins vir die Leeus is Jan-Henning Cam­pher, voormalige SA Skolehaker van die Bulle. Hy is die seun van die eertydse Blou Bulle-stut Lourens Campher. – Hendrik Cronjé

Meer oor:  Edinburgh  |  Kings  |  Michael Willemse  |  Klubrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.