Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Willemse in Hane se beginspan

Die voormalige Junior Springbok-slot Paul Willemse gaan ’n vuurdoop in sy debuuttoets kry, nadat hy in Frankryk se beginspan ingesluit is vir Vrydagaand se Sesnasies-kragmeting met Wallis in Parys.

Paul Willemse is danksy sy sterk vertonings vir Montpellier met ’n plek in Frankryk se toetsspan beloon. Foto: Getty Images

Dié 26-jarige boorling van Pretoria is die eerste keer vir sy aangenome land verkiesbaar, nadat hy einde November sy Franse burgerskap gekry het.

Willemse, wat vir die Bulle uitgedraf het, het sy loopbaan in 2014 in Frankryk gaan voortsit. Hy het aanvanklik vir Grenoble gespeel, voordat hy hom in 2015 by Montpellier aangesluit het.

Willemse, wat 2,01 m lank is en 135 kg weeg, word deur baie kenners met die oud-Bok-yster Bakkies Botha vergelyk en sal teen Wallis ’n gulde geleentheid kry om te wys waartoe hy in die toetsarena in staat is.

Die Rooi Drake is onoorwonne in hul laaste nege toetse en beklee tans die derde plek op die wêreldranglys.

Die Hane kon boonop die afgelope sewe jaar slegs een oorwinning oor die Walliesers behaal.

Jacques Brunel, Frankryk se afrigter, het Woensdag verras deur nog ’n toetsgroentjie, die 19-jarige Romain Ntamack, in die plek van die ervare binnesenter Mathieu Bastareaud te kies.

Ntamack is die seun van die legendariese Franse vleuel Emile Ntamack.

Romain Ntamack, verlede jaar vir Frankryk se gedugte o.20-span in aksie. Foto: Getty Images

Hoewel hy slegs 86 kg weeg is Ntamack ’n vaardige speler en het hy sover ’n groot rol in Toulouse se oplewing in vanjaar se Franse Top14-liga gespeel.

Morgan Parra (skrumskakel) en Wesley Fofana (buitesenter) is ook terug in die Franse span, nadat hulle die November-toetse verlede jaar weens beserings misgeloop het.

* Frankryk se span is: Maxime Medard, Damian Penaud, Wesley Fofana, Romain Ntamack, Yoann Huget, Camille Lopez, Morgan Parra, Louis Picamoles, Arthur Iturria, Wenceslas Lauret, Paul Willemse, Sebastien Vahaamahina, Uini Atonio, Guilhem Guirado (k), Jefferson Poirot. PLAASVERVANGERS: Julien Marchand, Dany Priso, Demba Bamba, Felix Lambey, Gregory Alldritt, Baptiste Serin, Gael Fickou, Geoffrey Doumayrou. – Sportredaksie, Reuters

* Vrydagaand se wedstryd is van 21:50 regstreeks op SS 1.

Meer oor:  Paul Willemse  |  Toetsrugby  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.