Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wink WWE vir Bok-legende Beast?

’n Springbok kan dalk eersdaags in die rofstoeikryt klim.

Tendai “Beast” Mtawarira sê hy stel beslis daarin
Tendai “Beast” Mtawarira sê hy stel beslis daarin belang om ’n draai in die WWE te maak. Foto: Getty Images

SuperSport berig Tendai “Beast” Mtawarira, ’n Wêreldbekerwenner saam met die Bokke in 2019 in Japan, het sy belangstelling in die WWE bevestig in ’n regstreekse Instagram-gesprek met die WWE-superster Kofi Kingston.

Kingston, wat in Ghana gebore is, was duidelik opgewonde om te gesels met ’n mede-Afrikaan.

Mtawarira het hom ná afloop van die Wêreldbekertoernooi by die Amerikaanse Major League-rugbyspan Old Glory DC aangesluit.

Hy het sy belangstelling in die WWE bespreek nadat Kingston gesê het sommige van sy mede-rofstoeiers het ook hul sportloopbane in rugby begin.

NEW YORK, NEW YORK - SEPTEMBER 30: WWE Champion Ko
Kofi Kingston van Ghana is ’n gunsteling in die WWE. Foto: Getty Images

Kingston, wenner van 21 WWE-titels, het Mtawarira gevra of hy dit oorweeg om eendag in die rofstoeikryt te klim. Hy het daarop gewys dat die voormalige sterspeler van die Haaie se liggaamsbou ideaal is om in die WWE mee te ding.

Mtawarira het erken hy was sedert kindsbeen ’n aanhanger en dat dit ’n “ongelooflike ervaring” sou wees, aangesien hy WWE-legendes soos Hulk Hogan en The Rock bewonder.

“Ek sou baie opgewonde wees om die geleentheid te kry om na die WWE te kom, al is dit net vir een verskyning. Kom ons kyk wat gebeur, ou, dalk kan jy ’n paar deure vir my oopmaak!” het Mtawarira gesê. 

Siya Kolisi, kaptein van die Bokke, het sy voormalige spanmaat se kanse op sukses in die WWE bevraagteken deur te spot dat “Kofi sal jou *** skop.” 

Kingston het Mtawarira advies gegee oor hoe om voor te berei vir ’n moontlike verskyning in die WWE en belowe om alles in sy vermoë te doen om dit ’n werklikheid te maak.

Mtawarira het 117 toetse vir die Bokke gespeel, op drie die meeste ná Victor Matfield en Bryan Habana. 

Kingston het by Wrestlemania 35 in 2019 die eerste Afrikaan geword om die WWE Championship-titel te wen. 

Die res van sy 20 WWE-titels sluit in die Intercontinental-, United States Championship-, Raw Tag Team- en SmackDown-titels. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Rofstoei  |  Tendai Mtawarira  |  Bokke  |  Kofi Kingston  |  Wwe  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Beast Mtawarira
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.