Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wins wink vir Bulle danksy All Blacks

Hoewel Springbok-ondersteuners stilweg hoop die draers van die Groen-en-Goud maak nie Saterdag in Nieu-Seeland weer skandes teen die All Blacks nie, voorspel die Blou Bulle Maatskappy (BBM) dat dieselfde spanne op 6 Oktober op ’n volgepakte Loftus Versfeld kan speel.

Minder as 30 000 toeskouers het verlede jaar die toets tussen die Springbokke en Frankryk op Loftus Versfeld bygewoon. Foto: Gallo Images

Dít selfs ongeag die Bokke se vertoning Saterdag in Wellington in die Rugbykampioenskap.

Volgende maand se toets is die eerste tussen die Springbokke en die All Blacks in Pretoria sedert 2006.

Shanil Mangaroo, ’n woordvoerder van die BBM, sê die kaartjieverkope lyk sover goed en die toets behoort uiteindelik uitverkoop te wees.

“Dit is moeilik om ’n syfer te noem, maar ons verwag dat borge en maatskappye nader aan die tyd so tussen 2 000 en 3 000 kaartjies sal terugstuur (om aan die publiek verkoop te word).

“Daar sal nie veel meer as dit beskikbaar wees nie.”

Daar word verneem die BBM is met die aanbied van dié toets vir die eerste keer in sowat vyf jaar in ’n posisie om ’n geringe wins te behaal.

Dit was daarom van groot belang dat daar ’n goeie bywoningsyfer vir dié toets is.

Loftus was nege jaar laas volgepak vir ’n toets – die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus van 2009.

Die stadion, met plek vir net meer as 52 000 mense, was dieselfde jaar by twee ander geleenthede uitverkoop toe die Bulle gasheer gespeel het vir die Superrugby- en Curriebeker-eindstryd.

Mangaroo sê ’n toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland bly ’n trekpleister vir plaaslike rugbyliefhebbers.

Slegs 29 313 toeskouers het verlede seisoen die Junie-toets tussen die Springbokke en Frankryk bygewoon, terwyl daar 38 704 mense in 2016 opgeruk het Loftus toe vir die toets in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies.

Die Springbokke het ’n droewige rekord op Loftus teen die Kiwi’s ná hertoelating.

Die All Blacks het sedert 1992 al vier toetse tussen die spanne in die hoofstad gewen.

In 2006 het Jake White se Bokke met 26-45 verloor nadat Suid-Afrika drie jaar vantevore ’n rekordnederlaag van 16-52 daar gely het.

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Rugbykampionskap  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.