Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Winter gaan Bulle se voorhoede brei
Russell Winter sal die Bulle se voorspelers in die Jake White-era onder hande neem. Foto: Getty Images

Russell Winter, ’n voormalige afrigter van die Leeus en die Stormers, is die Bulle se nuwe voorspelerbreier.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Vrydag aangekondig dié 44-jarige voormalige losvoorspeler sal die volgende drie seisoene in Jake White se afrigtingspan dien.

Daar sal in die eerskomende dae bekendgemaak word hoe die res van White se afrigtingspan daar sal uitsien.

White, ’n voormalige afrigter van die Springbokke, is onlangs as die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter aangestel.

Pote Human, wat tot Oktober die span se hoofbreier sou wees, het in die nadraai van dié aanstelling vroeër vandeesmaand besluit om afskeid te neem toe hy en die BBM tot ’n vergelyk gekom het oor sy kontrak.

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Russell Winter  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.