Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wits wil ophou bloos oor sy nulletjie

Vyf keer gespeel, vyf keer verloor.

Dié stukkie statistiek is die berg voor Wits se stryd môre teen sy buurman UJ in die Goudstad-derbystryd by Wits. Nog nooit in die geskiedenis van die Varsitybeker-reeks kon die Witsies, wat soms al vir groot opwinding en skokke gesorg het, ’n sege oor UJ behaal nie.

Wat wel môre in die tuisspan se guns kan tel, is dat hulle 2020 met ’n knal begin het deur die UWK in Bellville af te ransel.

Daarteenoor het Ikeys vir UJ met 25-16 geklop om die Johannesburgers op hul tuisveld te laat bloos.

Wits sal egter weet dat tuisveldvoordeel nie veel beteken nie, want UJ het immers al twee keer die Wits-stadion oorwin.

Hugo van As, afrigter van Wits, sal hoop sy span kan weer met ’n afgeronde vertoning – soos die een teen UWK – vorendag kom om hulle die beste kans te gee om hul nulletjie teen UJ te verbreek. “Ons weet dat ons hulle nog nie in die kompetisie kon klop nie,” het Van As gister aan Rapport gesê.

“Dis nie iets wat ons bespreek in die span nie, ons besef dit gaan oor ons en ons prosesse. Ons het hulle immers die afgelope paar seisoene in ander wedstryde gewen.”

  • In Bloemfontein het die Sentraal-Universiteit van Tegnologie se Ixias ’n moeilike eerste wedstryd op hande.

Hulle pak die Tuks wat stert in die lug is ná ’n doodsnik-sege oor die NWU-span die afgelope Maandag in Pretoria.

Dit kan soms voordelig wees om die eerste week af te hê om te sien hoe al die ander spanne in die kompetisie vaar, maar die Ixias sou straks die Tukkies op ’n gelyke voet die stryd wou aansê.

  • Die Shimlas kry ook in Bloemfontein die kans om hulle reg te ruk ná hul drag slae teen die Maties. Hulle pak UWK, wat ook aan die onderpunt van die Varsitybeker-puntelys is.
  • ’n Tweede sege om die reeks mee te begin, wag op die Ikeys indien hulle die gekweste Pukke in Kaapstad kan troef.

Die twee spanne is altyd in ’n titaniese stryd betrokke wanneer hulle mekaar pak met die Noordwes-span wat altyd met daai hartverskeurende eindstryd-verloor van 2014 teen die Ikeys in hul agterkop sal speel.

’n Sege in hul tweede wedstryd weg van hul tuisveld kan dalk net die regte doepa vir die Pukke wees voordat hulle terugkeer na Potchefstroom.

Varsitybeker-bepalings (Maandag. almal 19:00 afskop): Wits t. UJ (Johannesburg, regstreeks op SS 1); Ikeys t. Pukke (Kaapstad); Ixias t. Tuks (Bloemfontein); Shimlas t. UWK (Bloemfontein).

Meer oor:  Uj  |  Wits
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.