Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP betaal meeste vir spelers

Die Westelike Provinsie het die grootste spelersbegroting van enige Suid-Afrikaanse rugbyfranchise.

Beast Mtawarira is die hoogsbetaalde rugbyspeler in Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Die unie het verlede jaar sowat R78 miljoen op 128 gekontrakteerde spelers se salarisse bestee.

Die duurste speler was egter ’n Haai – die stut Beast Mtawarira, wat R3 744 796 met sy Superkontrak verdien het.

Die Bulle (R68 miljoen vir 151 spelers), Leeus (R66 miljoen vir 117 spelers) en Haaie (R65 miljoen vir 111 spelers) se spelersbegrotings is almal meer as R65 miljoen per jaar.

Die Cheetahs (R41 miljoen vir 92 spelers) en Kings (R12 miljoen vir 68 spelers) moet met ongeveer R20 miljoen per jaar minder as die res van die grotes klaarkom.

Die genoemde ses franchises het verlede jaar sowat R331 miljoen aan 667 spelers se salarisse betaal.

Drie van die bronne waarmee Rapport die week oor die begrotings gepraat het, het gesê die syfers sluit wedstrydgelde en wenbonusse uit.

Dit kan ook ander byvoordele, soos mediesefondsbydraes wat namens spelers betaal word, universiteitsbeurse, klere ensovoorts uitsluit.

Die franchises se begrotings behoort vanjaar met ongeveer 5% tot 10% te vermeerder.

’n Superrugby-speler het verlede jaar gemiddeld R1 055 440 by sy franchise verdien.

Dit sluit nie enige wenbonusse of Bok-kontrakte in nie.

Kings: R12 miljoen vir 68 spelers
Die Kings het die kleinste spelersbegroting van die ses Suid-Afrikaanse franchises.

Die Stormers se gemiddelde salaris van R1 432 735 per speler vir die Superreeks was die hoogste, gevolg deur die Leeus (R1 262 975), Haaie (R1 224 801), die Bulle (R1 110 239), Cheetahs (R830 639) en Kings (R355 276).

Die Cheetahs en Kings het nog verlede jaar Superrugby gespeel voordat hulle aan die Pro14 begin deelneem het.

Die Haaie se hoogste Super-kontrak was Mtawarira se R3 744 796.

Die hoogste salarisse by die ander franchises was by die Bulle (R3 700 000), die Stormers (R3 680 000), dan die Cheetahs (R2 731 400), Leeus (R2 454 000) en Kings (R720 000).

16 Superrugby-spelers – vier by die Bulle, vyf by die Haaie en sewe Stormers – het verlede jaar Bok-kontrakte gehad.

Die gemiddelde bedrag wat hulle bykomend verdien het, was R1 501 383.

Die Haaie se Bokke het die meeste verdien – ’n gemiddeld van R1 721 970, gevolg deur die Bulle se R 1 649 775 en WP se R1 464 557.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.