Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP gaan vir Siya Kolisi baklei

Terwyl die algemene opvatting is dat die Westelike Provinsie ’n verlore stryd voer om aan Siya Kolisi vas te klou, is die Kaapse unie nie bereid om die handdoek in te gooi nie.

Die Westelike Provinsie is nie bereid om Siya Kolisi sonder ’n geveg aan die Haaie af te staan nie. Foto: Gallo Images

Trouens, sê Ebrahim Rasool, voorsitter van die WP Rugbyunie (WPRU) se sakevleuel, Kolisi word beskou as “een van die mees waardevolle spelers wêreldwyd” en is ’n “noodsaaklike pilaar” van die unie se strategie vir die behoud van spelers.

“Ons het nie boedel oorgegee in terme van die behoud van enige speler nie. Ons sal vir elke een baklei en ’n positiewe omgewing skep waar hulle hul toekoms as intiem verweef met die WP sal kan sien.”

Volgens Rasool is daar op ’n begroting besluit en sal die onderhandelinge met spelers en agente begin.

Scarra Ntubeni, JD Schickerling en Juarno Augustus is glo ook gretig om te bly.

Netwerk24 het betroubaar verneem dat die groot uittog waaroor vroeër in die media bespiegel is, nie ’n werklikheid gaan word nie. Die Springbok-sterre Frans Malherbe en Bongi Mbonambi het glo albei ingestem om nuwe kontrakte te onderteken. Met Steven Kitshoff reeds tot 2023 gekontrakteer, behoort die voorry-ysters van 2019 se Wêreldbeker-toernooi dus vir nog ’n paar seisoene in die Kaap te speel.

Scarra Ntubeni, JD Schickerling en Juarno Augustus is glo ook gretig om te bly. Salmaan Moerat en Herschel Jantjies is reeds verder as vanjaar gekontrakteer.

Benewens Kolisi, is die enigste kommer oor Damian Willemse en Pieter-Steph du Toit.

Willemse is in die Blou Bulle se visier, terwyl Du Toit baie bewonderaars het gegewe dat hy ná 2019 se Wêreldbeker-toernooi as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys is.

Terselfdertyd is nie een van dié twee gretig om ’n nuwe tuiste te soek nie en word geglo dat hulle oortuig sal word om te bly.

Kolisi is waarskynlik ’n verlore stryd om geen ander rede nie as sy bande met individue binne die Amerikaanse konsortium MVM Holdings, wat ’n aandeel in die Haaie bekom het.

Michael Yormark, president van die vermaakagentskap Roc Nation, wat Kolisi verteenwoordig, is in die MVM-stal. So ook Vincent Mai, wat deur ’n beursskema vir Kolisi se opvoeding by Grey High School in Port Elizabeth betaal het.

Dit lyk wel of ’n groot uittog afgeweer is, wat positiewe nuus vir die beleërde unie is.

Ebrahim Rasool, voorsitter van die WP Rugbyunie se sakevleuel. Foto: Gallo Images

Volgens Rasool is die “primêre fokus” die “triomf” wat in die Curriebeker-reeks se halfeindronde en eindstryd “verwag word”.

“Ons span is die spilpunt van absolute eenheid onder ons, en geeneen van ons sal die aandag aflei van ons gemeenskaplike doelwit om Curriebeker-kampioene te word nie.”

Rasool sê in dieselfde asem dat die span aan die verwagtinge voldoen het deur die halfeindronde te haal.

Die WP het intussen die proses begin om ’n nuwe uitvoerende hoof te vind en spelers kon selfs hul insette lewer. ’n Personeelagentskap gaan gebruik word as deel van die proses.

Vir eers word die take van die uitvoerende hoof nog verdeel onder lede van die bestuurskomitee en senior bestuur van die sakevleuel, sê Rasool.

“Tensy die direksie ’n nuwe besluit daaroor neem, sal daardie situasie onveranderd bly,” voeg hy by.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Ebrahim Rasool  |  Siya Kolisi  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.