Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP glo hy kan lug suiwer tussen breiers

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) is ná ’n vergadering by Nuweland Woensdag hoopvol dat die onmin in die Stormers se afrigtingspan uit die weg geruim kan word.

Thelo Wakefield, president van die WPRU, sê selfs die kwessie is “oordryf” in die media.

Thelo Wakefield. Foto: Liza van Deventer

’n Bom het verlede week in Stormers-geledere gebars toe Paul Treu, een van die hulpafrigters, uit ’n hersieningsvergadering van die span se mislukte Superrugby-veldtog gestorm het. Hy het glo gesê hy het “genoeg daarvan gehad om sleg behandel te word” en dat hy dit nie meer gaan vat nie.

Treu meen glo sy insette word nie na waarde geskat deur die hoofafrigter, Robbie Fleck, nie. Hy sit ook nie om dieselfde vuur as die Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney, nie.

Ingeligtes het aan Netwerk24 gesê ’n voortgesette werksverhouding sal onmoontlik wees.

Ná ’n vergadering tussen Wakefield, die WP se uitvoerende hoof, Paul Zacks, die WP se direkteur van rugby, Gert Smal, en al vier lede van die Stormers se afrigtingspan – Fleck, Feeney, Treu en Russell Winter – is die amptelike reaksie egter dat die lug gesuiwer kan word.

“Dit was ’n vrugbare vergadering en in ’n goeie gees gehou, met al die lede wat hulle daartoe verbind het om oplossings te vind. Die doel was om die feite vas te stel. Dit was deel van ons hersiening van die seisoen,” sê Wakefield in ’n nuusverklaring.

Hy meen die kwessie is ’n “interne saak”.

“Ons glo dat ons ’n uitsonderlike groep het vir aanstaande seisoen, en wil seker maak dat alle kwessies en moontlike struikelblokke uit die weg geruim moet word om ons die beste moontlike kans op welslae te gee.”

Die WP se direksie vergader Dinsdag aanstaande week om die Stormers se veldtog te bespreek.

Meer oor:  Thelo Wakefield  |  Robbie Fleck  |  Stormers  |  Paul Treu  |  Wp  |  Paul Feeney
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.