Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP kies Swiel op heelagter vir Leeus-stryd
Tim Swiel sal uit posisie speel wanneer die Westelike Provinsie Woensdagaand teen die Leeus te staan kom. Foto: Gallo Images

Tim Swiel, ’n losskakel, gaan Woensdagaand die Westelike Provinsie se laaste vesting in die Curriebeker-wedstryd teen die Leeus op Ellispark moet beman.

John Dobson, die WP se afrigter, het besluit om Swiel heelagter toe te skuif nadat die vleuel Sihle Njezula ’n besering opgedoen het. Sergeal Petersen skuif gevolglik van heelagter na vleuel.

Daar is drie ander veranderings aan die span wat verlede naweek teen die Bulle begin het. Juarno Augustus is as agtsteman gekies, wat beteken dat Evan Roos flank toe skuif. In nóg ’n verandering aan die losvoorspeler-kombinasie word Marcel Theunissen bo Niel Otto as oopkantflank verkies.

Godlen Masimla kry op skrumskakel ’n geleentheid in die plek van Paul de Wet.

WP-span: Tim Swiel, Sergeal Petersen, Rikus Pretorius, Dan du Plessis, Seabelo Senatla, Abner van Reenen, Godlen Masimla, Juarno Augustus, Evan Roos, Marcel Theunissen, David Meihuizen, Ernst van Rhyn (k), Neethling Fouché, JJ Kotze, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS (uit): Jason Alexander, Leon Lyons, Sazi Sandi, Justin Basson, De Wet Marais, Johan du Toit, Paul de Wet, Cornel Smit, Lee-Marvin Mazibuko, Hacjivah Dayimani, Niel Otto.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Leeus  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.