Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP kry versterkings vir Griekwa-stryd
Die Westelike Provinsie se lynstaanspel behoort akkurater te wees in Woensdag se wedstryd teen die Griekwas danksy JJ Kotze se terugkeer op haker. Foto: Gallo Images

’n Handvol terugkerende spelers het vir John Dobson, afrigter van die Westelike Provinsie, welkome verligting gebring vir Woensdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Griekwas in die Kaapstad-stadion.

Dan du Plessis (senter), Nama Xaba (oopkantflank) en JJ Kotze (haker) is almal weer fiks en neem hul plek by die span in. Hulle vervang onderskeidelik vir Cornel Smit, Marcel Theunissen en Reinach Venter.

In ander veranderinge voorlangs aan die span wat die Haaie verlede week geklop het, vervang Sazi Sandi vir Neethling Fouché op vaskopstut en Johan du Toit die beseerde Hacjivah Dayimani as steelkantflank.

Dobson het verras deur Godlen Masimla bo Paul de Wet op skrumskakel te kies. Dít nadat De Wet onder die WP se groot uitblinkers teen die Haaie getel het.

Westelike Provinsie: Sergeal Petersen, Seabelo Senatla, Rikus Pretorius, Dan du Plessis, Edwill van der Merwe, Tim Swiel, Godlen Masimla, Evan Roos, Johan du Toit, Nama Xaba, David Meihuizen, Ernst van Rhyn (k), Sazi Sandi, JJ Kotze en Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS (Uit): Reinach Venter, Leon Lyons, Lee-Marvin Mazibuko, JD Schickerling, Niel Otto, Marcel Theunissen, Paul de Wet, Abner van Reenen, André-Hugo Venter, Justin Basson en Juan de Jongh.

Nama Xaba sal die WP gevaarliker by die afbreekpunte maak in Woensdag se wedstryd teen die Griekwas in die Kaapstad-stadion. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.