Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP maak noodplan met nuwe haker

Die Westelike Provinsie het sy probleme op haker aangepak deur vir Reinach Venter te kies vir Woensdagaand se Curriebeker-wedstryd teen die Haaie in die Kaapstad-stadion.

Reinach Venter is ontbied om die WP se haker-kopseer te help verlig. Foto: Gallo Images

Venter, ’n voormalige Cheetah, het vroeër vanjaar na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy deur die Franse klub Clermont vrygestel is weens ’n besering wat hy opgedoen het.

Met die jongste gros beserings in sy geledere, moet John Dobson, die Streeptruie se afrigter, sonder sy agt voorste hakers in die provinsie oor die weg kom en gevolglik het hy ’n noodplan beraam met ’n meer ervare speler wat gratis in die mark beskikbaar was.

Venter vervang vir JJ Kotze in die beginspan, terwyl Jason Alexander die haker op die plaasvervangersbank is.

Elders beteken Edwill van der Merwe se terugkeer op vleuel dat Sergeal Petersen heelagter toe skuif. Tim Swiel skuif op sy beurt van heelagter na losskakel, waar hy Abner van Reenen vervang. Paul de Wet sal sy skakelmaat wees nadat hy in Godlen Masimla se plek in die beginspan gekies is.

Op buitesenter sal Cornel Smit die beseerde Dan du Plessis vervang.

Hacjivah Dayimani, losvoorspeler-aanwins van die Leeus, begin vir die eerste keer ’n wedstryd vir die WP. Hy is op steelkantflank gekies, met Evan Roos wat gevolglik agtsteman toe skuif in die plek van Juarno Augustus.

Westelike Provinsie: Sergeal Petersen, Seabelo Senatla, Cornel Smit, Rikus Pretorius, Edwill van der Merwe, Tim Swiel, Paul de Wet, Evan Roos, Hacjivah Dayimani, Marcel Theunissen, David Meihuizen, Ernst van Rhyn (k), Neethling Fouché, Reinach Venter, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS (uit): Jason Alexander, Leon Lyons, Sazi Sandi, Justin Basson, Johan du Toit, Juarno Augustus, Godlen Masimla, Abner van Reenen, Lee-Marvin Mazibuko, Lyle Hendricks.

Meer oor:  Haaie  |  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.