Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP: ’n Tikkende tydbom op Nuweland
Zelt Marais (links), president van die WP Rugbyunie, en Paul Zacks, die uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images

’n Gedemoraliseerde spelersbasis, ’n omgekrapte mediese span en ’n uitvoerende hoof onder skoot.

Só staan sake in die Westelike Provinsie, met ’n tydbom wat aftik voordat daar van 1 Julie af amptelik deur ander bonde jag gemaak mag word op spelers wat se kontrakte op 31 Oktober verstryk.

Dit sluit etlike van die WP se voorste spelers in.

Daar was Vrydag nog nie amptelik bevestiging of die unie (die amateur-arm) deur sy eiendomsbates sekuriteit sal verskaf vir die kontrakte nie.

Netwerk24 het by afsonderlike bronne verneem dat die unie bereid sou wees om dit te doen as die direksie instem om vir Paul Zacks, die groep-uitvoerende hoof, te pos.

Netwerk24 het by afsonderlike bronne verneem dat die unie bereid sou wees om dit te doen as die direksie instem om vir Paul Zacks, die groep-uitvoerende hoof, te pos.

Die WP het verlede naweek aangevoer dat die proses vertraag word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se terme en voorwaardes vir bybetalings aan spelers van nasionale belang.

Die Kaapse unie het toe gesê dat goeie vordering met onderhandelinge gemaak is en dat daar eersdaags ’n aankondig sal wees.

Maar sien is glo vir bekommerde spelers en agente.

Intussen heers daar glo ongelukkigheid onder die WP se mediese personeel oor ’n moontlike “strategiese vennootskap” tussen die unie en die maatskappy MaVie, wat aanbied om teen $300 elk aan spelers DNS-toetsapparate te gee en dan vir hulle ’n genetiese verslag saam te stel.

Die voorstel is in April aan die WP gestuur – dit sou toe nagenoeg R4 200 per speler gekos het – en is nou onder bespreking.

Daar sal só onder andere deur spelers inligting oor hul vatbaarheid vir beserings verkry kan word.

Pieter-Steph du Toit in aksie vir die Stormers, wat vanjaar bra gemiddeld vertoon het in die Superrugbyreeks.

Die Stormers het in vanjaar se Superrugby-reeks weer onder baie beserings gebuk gegaan, maar in meeste gevalle is langtermynbeserings die gevolge van fisiese impak.

Agter die skerms word inligting oor spelers se beserings nou ook teenoor gepaardgaande kostes in terme van hul salarisse bestudeer.

Zelt Marais, die WPRU se president, het glo ’n versoek vir inligting daaroor gerig.

Suid-Afrikaanse unies se jaarlikse begroting vir senior spelers mag volgens Suid-Afrikaanse rugby se nuwe kontrakteringsmodel vir die komende seisoen nie R60 miljoen oorskry nie.

Die gerespekteerde mediese span voel blykbaar dat sy bekwaamheid in twyfel getrek word, asook dat ’n borgskap deur MaVie verreikende gevolge in terme van hul werksaamhede kan hê.

MaVie voer in sy voorstel aan dat die WP geld kan verdien deur lidmaatskap aan sy ondersteuners beskikbaar te maak.

Alle kommissie en bonusse wat gegenereer word deur verkope van lidmaatskap, hernuwings-fooie en die verkoop van produkte, sal deur die WP verdien word.

Lede wat ander mense kry om aan te sluit, sal geld verdien.

MaVie het die WP verlede jaar ook genader, maar die Kaapse unie het toe besluit om nie ’n vennootskap aan te gaan nie.

Intussen is die WP se spelersbasis, met die Curriebeker-reeks wat aanstaande maand afskop, glo bekommerd oor die voortslepende finansiële probleme wat hul toekoms kan raak

Intussen is die WP se spelersbasis, met die Curriebeker-reeks wat aanstaande maand afskop, glo bekommerd oor die voortslepende finansiële probleme wat hul toekoms kan raak.

Die WP het Vrydag nie op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie.

Dit het ingesluit vrae oor MaVie en hoe dit moontlik die mediese personeel kan raak, die kwessie van sekuriteit vir kontraktering en beweerde voorwaarde dat Zacks gepos word, en ook gerugte dat ’n plan deur Zacks vir oorbruggingsfinansiering nie goedgekeur is nie.

Meer oor:  Zelt Marais  |  Paul Zacks  |  Kaapstad  |  Skuld  |  Finansies  |  Kontrakte  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.