Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP ontlont geldbom nét betyds
Jannie Durand (Foto: Leanne Stander)

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) het Vrydag net betyds ’n tydbom ontlont oor sy skuld van etlike miljoene aan die sakereus Remgro.

Dit volg op ’n aanmaningsbrief op 7 Junie deur die regsfirma ENSafrica, namens Remgro, waarin aan die WPRU gesê is dat hy teen 6 Julie sekuriteit móét kan gee deur ’n verband op een van sy eiendomme te registreer.

Indien ’n verband nie in Remgro se guns geregistreer is nie, sou hy sy lening binne vyf dae kon opeis.

Daardie krisis is egter nou gesystap, het Remgro bevestig.

“Die WP het vir ons sekuriteit vir die lening gegee,” sê Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro.

Newlands (Supplied)

Hy wou nie sê watter een van die WP se eiendomme betrokke is nie, maar Netwerk24 verneem by betroubare bronne dat dit die Nuweland-stadion is.

Vir die WPRU se grootbase was dit ’n geval van benoude boude nadat die unie se klubs aanvanklik daarteen gekant was om ’n eiendom as sekuriteit te bied. Die klubs het egter vandeesweek ten gunste daarvan gestem.

Remgro het aan die einde van 2016 by vier geleenthede geld aan die WP voorgeskiet toe die unie se sakevleuel, WP Rugby (Edms.) Bpk., gelikwideer moes word.

Daar was drie lenings aan die WPRU – R7,51 miljoen op 3 November, nóg R7,51 miljoen op 25 November en R19 miljoen op 22 Desember.

Op 22 Desember is daar deur Remgro ook R9,88 miljoen geleen aan Newco, die maatskappy wat ná WP Rugby (Pty) Ltd se likwidasie gestig is.

Die totale lenings was R43,9 miljoen en rente word sedertdien teen primakoers gehef.

Remgro het die geleentheid gehad om sy lenings in aandele te omskep, maar het uiteindelik daarteen besluit op grond van die voorwaardes wat deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gestel word vir buitepartye om in provinsiale unies te kan belê.

Dit het die WPRU in ’n tamaai geldkrisis gedompel en daar is gehoop dat ’n nuwe belegger bekom sou word om die skuld te kan betaal. Daar is herhaaldelik deur die WP om uitstel gevra totdat Remgro se geduld opgeraak het.

Met die krisis voorlopig gesystap, sal die fokus nou verskuif na die WP se onderhandelinge met ’n nuwe belegger wat hopelik die skuld sal kan afbetaal.

Met die krisis voorlopig gesystap, sal die fokus nou verskuif na die WP se onderhandelinge met ’n nuwe belegger wat hopelik die skuld sal kan afbetaal.

Daar is ook nog die kwessie van die skuif na die Kaapstad-stadion, maar ’n finale ooreenkoms is glo nog nie tussen die WPRU en Stad Kaapstad onderteken nie.

Meer oor:  Thelo Wakefield  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Lening  |  Rugby  |  Skuld  |  Remgro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.