Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP, Pumas nog onoorwonne in reeks

Die rugbyspanne van die Westelike Provinsie en die Pumas is die enigste spanne wat steeds onoorwonne is ná die naweek se wedstryde in die SuperSport-uitdaagreeks.

Neil Maritz was een van die Pumas se uitblinkers teen die Griekwas in Mbombela. Foto: Gallo Images
Duncan Matthews het een van die Bulle se drieë teen die Leeus gedruk. Foto: Gallo Images

Albei spanne moes hard werk vir hul oorwinnings. Die WP was in Kaapstad met 27-13 baas teen die Oostelike Provinsie en die Pumas moes sweet om Griekwas in Mbombela met 37-28 te klop.

Twee spanne, die Luiperds en die Haaie-vyftiental, het meer as 80 punte aangeteken.

Die Luiperds het Namibië in Windhoek met 81-8 vermorsel met die Haaie wat darem ’n bietjie meer teenstand van die Grens gekry het in sy oorwinning van 82-24 in Durban.

Die Blou Bulle en die Vrystaat-vyftiental het ook indrukwekkend vertoon. Die Bulle het die Goue Leeus met 62-24 afgeransel en die Vrystaters het Zimbabwe se Akademiespan met 66-10 gelooi.

In nog wedstryde was die Boland met 43-28 bo teen die SWD-Arende en die Valke het die Griffons met 41-31 geklop. – Sportredaksie

Meer oor:  Pumas  |  Supersport Uitdaagbeker  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.