Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP-rugby bekragtig eiendomsplan

Dit is nou amptelik: Die Westelike Provinsie-rugbyunie (WPRU) gaan voort met sy ontwikkelingsplanne by Nuweland en Brookside in vennootskap met Flyt Property Investment.

Voorts word daar ook R112 miljoen by Flyt geleen om skuld aan Remgro en Investec te delg.

Zelt Marais, president van die WPRU, het dié nuus Woensdagaand aan Netwerk24 bekend gemaak ná ’n spesiale vergadering waar die Kaapse unie sy besluit van verlede week bekragtig het.

Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie, het bevestig dat daar voortgegaan word met planne vir eiendomsontwikkelings by Nuweland en Brookside, in vennootskap met die maatskappy Flyt Property Investment. Foto: Gallo Images

“Ek’s bly om te kan sê dat die WPRU se doelgerigte werk om die unie se finansies te stabiliseer ’n sterk mosie van vertroue gekry het,” sê Marais.

“Die leenooreenkoms en ontwikkelingsvennootskap met Flyt beteken dat ons nou vorentoe in ’n opwindende nuwe hoofstuk vir WP rugby kan beweeg.”

Marais glo daar kan nou aan ’n “volhoubare toekoms” vir sy unie beplan word.

Die volgende stap vir die WPRU is om twee maatskappye – Newlands DevCo en Brookside DevCo – te vestig, waarin hy en Flyt gelyke vennote sal wees.

“Hierdie maatskappye sal daarop fokus om ontwikkelingsregte vir die Nuweland-stadion en Brookside-eiendomme te bekom. Die WPRU sal ook ’n aktiewe rol in die direksie van albei maatskappye hê,” sê Marais.

Hy voeg by dat dié besluit die WPRU ook nou die groen lig gee om sy onderhandelinge met die Kaapstad-metro af te handel vir die unie om die ankerhuurder by die Kaapstad-stadion te word.

“Dit sal die metro se geldkoffers baie stu en al Kaapstad se inwoners tot voordeel strek,” sê Marais.

Daar word beplan om in die volgende jaar deur ’n spesiale byeenkoms hulde aan Nuweland se erfenis te bring. Daar is oorspronklik ’n afskeidwedstryd beplan wat voor die einde van die jaar gespeel sou word, maar die realiteite van die Covid-19-pandemie sal uiteindelik die wat en wanneer van die geleentheid bepaal.

Marais beklemtoon weer eens dat die transaksie met Flyt beter is as die een wat met Investec onderhandel was. Die WPRU het vroeër die hoofpunte van ’n ooreenkoms met Investec onderteken voordat daardie transaksie op 1 Junie in die stof gebyt het.

“Vanaand (Woensdag) se besluit gee die WPRU aansienlik meer beheer as vorige ooreenkomste,” sê Marais.

“Die besluit verseker dat die WPRU ekonomies voordeel uit sy eiendomsportefeulje kan trek en ’n sterk finansiële grondslag vir die pad vorentoe sal hê.”

• Investec het reeds aan Netwerk24 gesê dat hy hom sy regte voorbehou. Die bankreus se prokureurs het met die WPRU kontak gemaak en daar kan dalk regstappe kom. Die WPRU en Flyt is egter albei oortuig dat Investec nie gronde vir ’n saak het nie.

Meer oor:  Investec  |  Wpru  |  Zelt Marais  |  Nuweland  |  Flyt  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.