Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP sal dit ‘veilig speel’ teen Pumas

Die Westelike Provinsie het sy les uit sy laaste Curriebeker-rugbywedstryd teen die Goue Leeus geleer en sal dit Vrydag teen die Pumas op Nuweland veilig speel wanneer strafskoppe binne trefafstand van die pale aan hom toegeken word.

“Die sleutel vir ons is om druk op die telbord te bou en teenstanders te dwing om inhaalrugby te speel,” het die Streeptruie se afrigter, John Dobson, Woensdag gesê.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JULY 26: Siya Kolisi tra
Siya Kolisi gaan sal die naweek vir di Westelike Provinsie uitdraf in die Curriebeker-reeks. Foto: Gallo Images

’n Besluit waar die WP die opsie van ’n skrum voor die Leeus se pale uitgeoefen het eerder as om drie maklike punte te neem, het lelik in sy gesig ontplof.

Die Leeus het daarin geslaag om besit om te keer en van 20-28 af terug geveg om met 30-28 te wen.

Was die WP ná ’n strafskop met 11 punte voor kon dit ’n ander storie gewees het. Die Kapenaars was egter oorambisieus en het gepoog om ’n strafdrie deur hul skrum af te dwing omdat die Leeus op ’n waarskuwing was ná die strafskoppe wat hulle afgestaan het.

Die uiteinde was ’n tweede agtereenvolgende nederlaag vir die Streeptruie, wat nou enorme druk is om die Pumas te klop.

“Ons weet dis neusie verby as ons verloor,” sê Dobson.

Gegewe die belangrikheid van Vrydag se wedstryd is Dobson baie dankbaar dat hy vandeesweek die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, tot sy beskikking het.

“Siya het die span selfvertroue gegee in ’n tydstip waar dit ná twee nederlae ontbreek het,” sê Dobson.

“Hy is die afgelope drie weke by ons en ongelooflik professioneel met sy harde werk op die oefenveld, insette en ondersteuning.

"Ons weet dis neusie verby as ons verloor."
- John Dobson

“Die manier waarop hy emosioneel inkoop is baie indrukwekkend. Hy beskou dié wedstryd duidelik nie net as ’n tree terug na bo nie. Hy is oorgehaal om te wen.”

Kolisi se insluiting as nr.6-flank beteken dat Ernst van Rhyn steelkant toe skuif en JD Schickerling gevolglik vir Salmaan Moerat op slot vervang.

Volgens Dobson is Moerat se skuif plaasvervangersbank toe ’n geval van rotasie en ook om sy werkslading te bestuur.

Ander veranderings aan die WP se beginspan van hul laaste ligawedstryd teen die Leeus is Sergeal Petersen vir Edwill van der Merwe op regtervleuel, Justin Phillips vir Paul de Wet op skrumskakel en Wilco Louw vir Carlu Sadie op vaskopstut.

Sadie en De Wet is weens skete nie in die 23-tal nie – onderskeidelik weens brongitis en ’n enkelbesering. Jaco Coetzee, wat ’n seer skouer het, rus vandeesweek en Nama Xaba is gevolglik die losvoorspeler op die plaasvervangersbank.

Die WP-span is: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Dan Kriel, Seabelo Senatla, Josh Stander, Justin Phillips, Sikhumbuzo Notshe, Ernst van Rhyn, Siya Kolisi, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Corné Fourie. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Neethling Fouché, Salmaan Moerat, Nama Xaba, Jean-Luc du Plessis, Edwill van der Merwe.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  John Dobson  |  Wp  |  Westelike Provinsie  |  Pumas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.