Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se benarde geldsake kan hom kos

Die Wallieser en lid van die Britse en Ierse Leeus Jamie Roberts wou graag volgende jaar sy rugby in die Kaap by die Stormers kom speel.

As die franchise nie in so ’n geldelike penarie was nie, sou dié buitesenter straks oorweeg kon word, veral met die span wat maar dun is wat hul senterkorps betref.

Jamie Roberts. Foto: Getty Images

Roberts en die Fransman Mathieu Bastereaud het glo albei vroeër vanjaar voelers uitgesteek om hul rugby vir ’n halwe jaar by die Stormers te speel.

Die 33-jarige Roberts wou glo die geleentheid benut om hom fiks te hou om in aanmerking te kom vir die Leeus se toer in 2021 na Suid-Afrika.

Die finansiële las om aan Roberts huisvesting te verskaf asook ’n ryding, sou egter te veel kos vir die Kaapse franchise.

Bastereaud het ook intussen bevestig dat hy in Amerika se Major League-rugbykompetisie gaan speel.

Die Skotse rugbyspeler Huw Jones is die ander buitesenter wat moontlik na die Kaap kan terugkeer as die Westelike Provinsie hom kan huisves.

Die Kaapse franchise kan tans op die knoppie van die Blitsbok Ruhan Nel en die opwindende groentjie Michal Haznar druk as buitesenters, maar met Nel wat mik vir die Olimpiese Spele volgende jaar saam met die Springbok-sewesspan, kan daar ’n leemte in dié posisie ontstaan.

Jones het van 2015 tot 2017 23 keer vir die Nuwelandse span in die Superrugby-reeks uitgedraf. Hy het in sy laaste seisoen die verbeelding aangegryp toe hy witwarm in die middelveld langs die Springbok-binnesenter, Da­mian de Allende, was.

Die 25-jarige Jones, wat ook die Curriebekerreeks as lid van die WP-span gewen het, het egter sedert hy einde 2017 na Glasgow Warriors geskuif het, lelik uit die bus geval wat sy spelpeil in Skotland betref.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Stormers  |  Jamie Roberts  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.