Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se Juarno wêreld se beste o.20-speler

’n Nuwe toekomstige Springbok-rugbyster is die afgelope maand in Tbilisi, Georgië, gebore en hy is die kranige en dinamiese agtsteman Juarno Augustus.

Arthur Coville van Frankryk probeer Juarno Augustus van Suid-Afrika in sy spore stuit in Sondag se uitspeelstryd om die derde plek in Tbilisi, Georgië. Foto: Getty Images

Die 19-jarige Westelike Provinsie-speler is Sondag as vanjaar se beste speler by die o.20-Wêreldtoernooi aangewys.

Hy het Engeland se Zach Mercer en Gabriel Ibitoye en die Kiwi’s Tiaan Falcon en Will Jordan uitgestof om as die beste speler aangewys te word.

Augustus het hom aangesluit by bekendes soos Jan Serfontein (Suid-Afrika) en Ardie Savea (Nieu-Seeland) om die titel as die beste speler by die jaarlikse toernooi huis toe te bring.

Trokkie, soos die jong losvoorspeler onder sy spanmaats bekend staan, het sewe drieë in die Junior Springbokke se veldtog in Georgië gedruk. Dit is egter nie net sy vermoë om drieë in te ryg wat hom so ’n uitstaande speler maak nie. Hy het met sy algemene spel op die aanval en die verdediging vir die Jong Bokke uitgeblink.

Volgens Augustus kan hy nie glo dat hy as die beste speler aangewys is nie. “Ek het nie gedink ek sou dit wen nie.

“Dit is ’n massiewe eer en voorreg en ’n hoogtepunt in my loopbaan.”

Augustus, wat as 12-jarige begin rugby speel het, het die mense wat vir hom gestem het en sy afrigters en spanmaats vir die titel bedank.

“Ek wil ook my familie bedank wat my so volwaardiglik ondersteun. Hierdie is ’n baie spesiale oomblik.”

Die Junior Springbokke het vroeër Sondag die toernooi in die derde plek afgesluit deur Frankryk se Jong Hane met 37-15 te klop. Hulle sal Dinsdag na Suid-Afrika terugkeer.

Meer oor:  Juarno Augustus  |  Junior Bokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.