SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
WP se Jean Kleyn op pad Munster toe
Die hemelbesem Jean Kleyn sluit hom ná die Superrugby-reeks by Munster in Ierland aan. Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie het die slot Jean Kleyn van sy kontrak vrygestel om ná die Superrugby-reeks by die Ierse streekspan Munster aan te sluit.

Kleyn se agent, Hilton Houghton, het dié nuus Woensdag by navraag aan Netwerk24 bevestig.

“Ek wil graag die WP se uitvoerende hoof, Paul Zacks, en direkteur van rugby, Gert Smal, bedank vir hul begrip,” het Houghton gesê.

Kleyn het sy visier daarop om mettertyd vir Ierland te kwalifiseer. Verlede maand het die voormalige Stormers-slot Quinn Roux sy toetsbuiging vir die Iere gemaak nadat hy drie jaar gelede ’n kontrak met Leinster gesluit het.

Terwyl Kleyn ongetwyfeld talentvol is, is dit onwaarskynlik dat hy in die nabye toekoms die geleentheid sal kry om vir die Springbokke te speel.

Hy staan ook agter die Bok-yster Eben Etzebeth in die tou by die Stormers.

Die WP het genoeg jong slotte in sy strukture om die vrystelling van Kleyn te kan regverdig. JD Schickerling sal waarskynlik bo hom verkies word as die slot op die Stormers se plaasvervangerbank vir Saterdag se Superrugby-kwarteindstryd teen die Chiefs op Nuweland.

Meer oor:  Munster  |  Stormers  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.