Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se leë beurs maak Brits se Bulle-pad oop

Schalk Brits is op die punt om sy kontrak met die Bulle te finaliseer.

“Ons is in ’n gevorderde sta­dium met ons onderhandelinge,” het Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die die Blou Bulle Maatskappy (BBM), aan Rapport gesê.

Schalk BritsFoto: GALLO IMAGES

“Ons onderhandel al geruime tyd met Schalk. Ons het altyd geglo ons sal suksesvol wees. Ons is oortuig dat hy volgende jaar Superrugby vir ons sal speel.

“Dit is vir ons belangrik om die ruggraat van ons span te versterk. Ons is ernstig daaroor om volgende jaar baie goed in Superrugby te doen en selfs te wen.”

Brits se skuif na Pretoria het momentum gekry met die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se swak geldsake.

Die Burger het gister berig die WPRU het Brits selfs gevra om hom eerder by die Bulle aan te sluit weens hul swak geldelike posisie.

Die WPRU het ook die afgelope tyd onder hewige kritiek deurgeloop omdat hy oorweeg om Brits te kontrakteer, veral omdat hakers soos Bongi Mbonambi, Ramone Samuels en Scarra Ntubeni onder sy werknemers tel.

Brits word in Pretoria as die logiese plaasvervanger vir Adriaan Strauss beskou nadat dié Springbok vroeër vanjaar uitgetree het. Die Bulle glo die belowende Johan Grobbelaar (20) en Jaco

Visagie (26) sal baie baat vind by die 37-jarige Brits se ervaring.

Brits gaan ná aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan vir Remgro werk. Remgro het ’n 50%-belang in die Bulle.

As deel van die Bulle se poging om volgende jaar ’n krag in Superrugby te wees, het hulle die Bok-agtsteman Duane Vermeulen gekontrakteer. Soos in sy geval, sal die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ook ’n deel van Brits se salaris betaal.

Op Loftus Versfeld word daar ook nog geglo Willie le Roux sal een van Vermeulen en Brits se spanmaats in 2019 se Superreeks wees.

Le Roux en sy Engelse klubspan, Wasps, is haaks omdat hy die Bokke gereeld eerste stel. Hulle dreig om geld van sy salaris te verhaal as hy toetsrugby speel. Le Roux beplan om ná volgende jaar se Wêreldbeker vir Jake White se Japanse klubspan Toyota Verblitz te gaan speel.

Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, is reeds deel van die Bulle se Superrugby-planne vir 2019. Sy verdedigingsghoeroe, Jacques Nienaber, kan hom help.

Meer oor:  Wp  |  Bulle  |  Schalk Brits  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.