Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se leen-stutte óók meevaller

Drie Suid-Afrikaanse stutte wat die Springbokke se Wêreldbeker-bus verpas het, Lizo Gqoboka, Wilco Louw en Carlü Sadie, het opsies om vir Franse klubspanne tydens die rugbyskouspel te speel.

Vir veral die Westelike Provinsie sal die uitleen van sy spelers ’n meevaller wees en hom al die pad bank toe laat lag.

Die Bulle-stut Lizo Gqoboka.

As deel van die spelers-ooreenkoms moet die klubspanne ’n bedrag soos ooreengekom aan die WP betaal om Louw en Sadie te mag gebruik.

Die WP betaal ook nie dié vaskoppe se salarisse vir die tydperk nie. Louw het reeds sy kontrak van voorneme met Toulon geteken. Hy sal sy amptelike kontrak binnekort teken.

Hy is soos Gqoboka van die ongelukkiges wat nie in die Bokke se finale 31-tal vir rugby se skouspel in Japan ingesluit is nie.

Sadie is deur Heyneke Meyer se klub Stade Français betrek. Dis nog nie ’n uitgemaakte saak dat hy soos Louw wel ná sy beplande Franse draai voor 15 Desember na die WP terugkeer nie.

Hy smag na meer speeltyd wat hy in alle waarskynlikheid nie in die teenwoordigheid van vaskoppe soos Frans Malherbe en Louw in volgende jaar se Superreeks by die Stormers sal kry nie.

Gqoboka, wat vanjaar een van die Bulle se staatmakers is, het die opsie om vir sowat drie maande vir Montpellier te speel. Ook die Bulle sal uit so ’n ooreenkoms geldelik voordeel trek.

Gqoboka se korttermynkontrak met Montpellier is nog nie afgehandel en deur alle partye goedgekeur nie.

  • ’n Derde Kaapse vaskop Neethling Fouché kan deur die WP uitgeleen word. ’n Moontlikheid bestaan dat hy vir sowat twee maande vir die Cheetahs in die Pro14-reeks beskikbaar is.
  • Jaco Visagie, haker van die Bulle, het reeds sy korttermynkontrak met die Franse klubspan Toulouse beklink. Hy sal drie maande lank vir hulle beskikbaar wees.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.