Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP se o.21-span kan vroeg ‘wraak’ neem
Die Blou Bulle se Carl Els duik oor die doellyn vir sy drie in die eindstryd van die nasionale o.21-reeks in 2019 teen die Westelike Provinsie in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Al die wedstryde in die nasionale o.21-rugbyreeks, wat vroeg Oktober begin, sal op Ellispark in Johannesburg beslis word.

Die spelers en beamptes van die vyf deelnemende spanne, die Westelike Provinsie, Blou Bulle, Goue Leeus, Haaie en Vrystaat, sal vir die duur van die reeks in die Goudstad wees, waar huidige regulasies om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te probeer verhoed, ingestel sal wees.

In ’n herhaling van die eindstryd van 2019, sal die Blou Bulle en Westelike Provinsie mekaar in die eerste ronde op Sondag 4 Oktober pak. Die Pretorianers was verlede jaar met 33-27 baas. Die Vrystaat en Goue Leeus is op dieselfde dag in die ander wedstryd slaags, terwyl die Haaie ’n loslootjie het.

Die kompetisie sal oor ’n enkelronde gespeel word, met wedstryde wat elke vier dae sal plaasvind. Die halfeindronde word op Sondag 25 Oktober beslis, met die eindstryd op Vrydag 30 Oktober.

Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, sê in ’n verklaring die aksie sal fyn dopgehou word.

“Die o.21-kompetisie is ’n belangrike voerband vir die ontwikkeling van ons spelers, ook vir unies wat senior spelers moet kontrakteer. Gewoonlik tree opwindende spelers in dié reeks na vore en vanjaar sal nie ’n uitsondering wees nie.”

Bepalings:

Eerste ronde: Sondag 4 Oktober – WP t. Blou Bulle, Vrystaat t. Goue Leeus. Loslootjie: Haaie.

Tweede ronde: Donderdag 8 Oktober – Bulle t. Vrystaat, Leeus t. Haaie. Loslootjie: WP.

Derde ronde: Maandag 12 Oktober – WP t. Haaie, Leeus t. Bulle. Loslootjie: Vrystaat.

Vierde ronde: Vrydag 16 Oktober – WP t. Vrystaat, Haaie t. Bulle. Loslootjie: Leeus.

Vyfde ronde: Dinsdag 20 Oktober – Vrystaat t. Haaie, Leeus t. WP. Loslootjie: Bulle.

Halfeindronde: Sondag 25 Oktober.

Eindstryd: Vrydag 30 Oktober.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.