Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP stel visier op Cheetah Nico Lee

Die Westelike Provinsie het sy visier op die Vrystaatse senter Nico Lee om hom as aanwins Kaap toe te lok.

Nico Lee

Die WP soek ’n goeie buitesenter om hul spens vir die 2020-seisoen aan te vul en Lee word as die perfekte oplossing gesien nadat twee van hul senters bevestig het hul koppe staan oorsee.

Damian de Allende is op pad Japan toe, terwyl EW Viljoen ’n kontrak met Leicester Tigers beklink het.

Lee was onlangs in die nuus omdat hy vir 13 weke uit die Pro14-reeks geskors is nadat hy sy neus op ’n teenstander uitgeblaas het.

Hy sal egter eers met die Vrystaat moet onderhandel omdat hulle eerste opsie op hom het.

Die WP se hoëprestasiebestuurder, Greg Hechter, het aan Rapport bevestig sy unie soek tans na ’n goeie buitesenter en dat Lee op hul wenslys is. Hulle kan egter eers ná 1 Julie met hom onderhandel.

Dieselfde geld die WP se aanbod vir die Bulle-skrumskakel André Warner. Die Kapenaars is op sy spoor omdat twee ander Bul-skrumskakels, Ivan van Zyl en Embrose Papier, se kontrakte verleng is.

Die Bulle se uitvoerende hoof, Alfons Meyer, het egter aan Rapport gesê die unie wil Warner behou en “hy wil by ons bly”.

  • Op die Bulle se inkopielys is ’n ervare slot, spesifiek die Cheetahs se Walt Steenkamp. Dit lyk egter nie asof hy vroeër uit sy kontrak sal kan kom nie.

Die Bulle kyk wel ook na die voormalige Leeu-slot Andries Ferreira, wat vanjaar kortstondig by die Hurricanes was voordat hy beseer is.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Nico Lee  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.