Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP teken André Venter se seun vir 3 jaar
André-Hugo Venter Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie het ’n kontrak van drie jaar met die seun van die voormalige Springbok en Cheetah-flank André Venter gesluit.

Die belowende André-Hugo Venter is deur die WP nadergetrek nadat die unie die laaste tyd drie van sy hakers verloor het.

Die 19-jarige Venter studeer van die begin vanjaar B.Rek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het verlede jaar vyf onderskeidings in matriek aan Grey Kollege in Bloemfontein behaal.

Venter het in 2019 vir die SA skolespan gehaak en was verlede jaar en in 2018 deel van Grey Kollege se onoorwonne eerste span.

Hy en sy spanmaat by die Maties se Young Guns, JJ Kotzé, word as twee van die WP se talentvolste hakers beskou.

Nadat die WP vanjaar vir Schalk Erasmus aan die Bulle en Dan Jooste aan die Haaie afgestaan het, moes die Kapenaars dringend kyk wat die toekoms vir hulle inhou ná Bongi Mbonambi, Scarra Ntubeni en Chad Solomon.

Die WP het ook Ramone Samuels verloor, wat onlangs mediese toetse by die Bulle afgelê het met ’n enkelbesering wat hom nog kniehalter. Die Bulle betaal nou ten volle vir sy rehabilitasieprogram wat hy tot November in Stellenbosch volg.

Kabamba Floors, ’n voormalige Springbok-losvoorspeler en deesdae hulpafrigter van die Maties se Young Guns, glo ’n blink toekoms wag op Venter.

“André-Hugo het baie van sy pa in hom,” sê Floors.

André Venter
André Venter Foto: Getty Images

“Sy grootte en liggaamsbou is eerstens baie dieselfde. Tweedens het hy ’n fisieke teenwoordigheid op die aanval en verdediging.

“Hy is ’n goed gedissiplineerde seun.”

Floors en die Venter-gesin stap al ’n lang pad saam.

“Destyds toe ek nog vir die Vrystaat gespeel het en sy pa ’n besering opgedoen het, was ek en Juan Smith van sy rolmodelle.

“Ek en Juan was die manne wat met André-Hugo by sy huis gaan speel het toe André weens sy besering dit nie kon doen nie. Ek en André-Hugo het vandag nog ’n goeie verhouding.”

Floors het Venter gewerf om van vanjaar deel van die Maties se Young Guns te word.

“Hy is deel van my leierskorps vir 2021. Hy is ookin akademie ’n A-kandidaat. Hy wil eers seker maak dat hy hom in sy akademie uitleef waarna die sport volg.

“André-Hugo gaan nog baie groei. Die fondament is deur Grey vir hom gelê om vorentoe ’n suksesvolle speler te word.”

Meer oor:  André-Hugo Venter  |  André Venter  |  Rugby  |  Oud-Springbok  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.