Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP wil Gelant gaps; Koch ook op inkopielys

Die Westelike Provinsie onderhandel met Warrick Gelant, Vincent Koch en Wandisile Simelane om hulle in die Kaap te kry.

Warrick Gelant. Foto: Gallo

Die 24-jarige Gelant se kontrak by die Bulle eindig in Julie. Hy is deel van Jake White se planne en sit met ’n goeie aanbod van die Bulle in die hand, maar daar was die week onverwagse belangstelling in sy dienste uit die Kaap én Johannesburg.

Die belangstelling van die Stormers volg nadat Jean-Luc du Plessis die 21-dae-klousule gebruik het. Du Plessis gaan na die Japanse klubspan Honda Heat.

John Dobson-hulle het ook onlangs aangekondig dat Dillyn Leyds deur die Franse klubspan La Rochelle opgeraap is. Sou Dobson besluit om Damian Willemse op losskakel te kies, benodig hy ’n eerstekeuse-heelagter.

Die Leeus wil Gelant bekom nadat Tyrone Green en Shaun Reynolds, soos Du Plessis, die 21-dae-klousule gebruik het. Green word ’n werknemer van die Engelse klubspan Harlequins en Reynolds is deur die Franse klubspan Nevers gekontrakteer.

Onsekerheid bestaan ook oor Andries Coetzee se toekoms by die Leeus.

“Ons is in gesprek met die Leeus en die WP, maar die moontlikheid bestaan steeds dat Warrick by die Bulle aanbly,” het Reghard van Dyk, sy agent, gesê.

Die 30-jarige Koch het goedkeuring by sy Engelse klubspan, Saracens, gekry om volgende jaar Superrugby te speel in die hoop om sy plek in die Bok-span met die oog op die besoek van die Britse en Ierse Leeus te behou.

Hy en die Bulle het aanvanklik onderhandel oor die moontlikheid om vir hulle te speel, maar White het onlangs die Bok-vaskop Marcel van der Merwe gekontrakteer.

Die 22-jarige Simelane is tans by die Leeus. Sy kontrak kan verleng word, maar die WP en die Haaie is ook agter hom.

Die Haaie meen hy kan ’n goeie senterkombinasie saam met Lukhanyo Am vorm nadat André Esterhuizen ’n ooreenkoms met die Engelse klubspan Harlequins bereik het.

Meer oor:  Wandisile Simelane  |  Warrick Gelant  |  Wp  |  Vincent Koch  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.