SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
WP wil Nuweland toetsgroet gee

Hokaai vir eers met die grafskrif vir Nuweland.

As die Westelike Provinsie se rugbybase hul sin kry, sal daar nog volgende jaar ’n laaste Springbok-toets in dié ikoniese stadion wees.

Nuweland sal beslis ’n toets in 2020 hê, beloof die WP.Foto: Gallo

Terwyl daar ’n “bindende hoofde van ooreenkoms” tussen die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) en die Kaapstadse metroraad is om Kaapstad-stadion in 2021 die Stormers en WP se tuiste te maak, wil die unie nog vir oulaas ’n toets op Nuweland aanbied.

Zelt Marais, president van die WPRU, het gister aan Rapport bevestig hulle gaan alles in hul vermoë doen om nog ’n toets op Nuweland vir die volgende seisoen te kry.

Daar was daarvan sprake dat die ouderdom van Nuweland al hoe meer teen die stadion tel om groot toetse aan te bied.

Nuweland het juis in 2017 so byna sy All Blacks-rugbytoets in die Rugbykampioenskapsreeks verloor omdat die unie gesukkel het om ’n veiligheidsertifikaat te kry.

Volgens Marais het dit egter nie ’n rol gespeel in die besluit om vanaf 2021 te skuif nie.

“Daar gaan beslis ’n toets in 2020 op Nuweland wees,” het Marais by navraag aan Rapport gesê.

“Ons is vol vertroue dat een daar gespeel gaan word. Ons word steeds as een van die veiligste stadions in die land gereken.

“Om daardie veiligheidsertifikaat te bekom, moet ons net elke jaar deur ’n proses gaan.

“Die uiteindelike skuif Kaapstad-stadion toe is meer om die moderne ervaring te kry, want Nuweland is ’n ou stadion. Jy wil ook sien hoe jy jou inkomste kan vergroot wat toetse betref.

“As ons onderhandelinge met die stadsraad vrugte afwerp, wil ons Nuweland volgende jaar met ’n gepakte stadion groet.”

Die WP het in sy verklaring bevestig hy sal, indien die ooreenkoms gesluit word, die ankerhuurder van die stadion word.

Die ooreenkoms sal vir tot 99 jaar strek.

Die bankreus Investec beplan glo om Nuweland te ontwikkel, met die WPRU wat by dié transaksie in die winste gaan deel.

Die Kaapstadse metroraad sal verantwoordelik wees vir die instandhouding van die stadion en bedryfskoste.

Volgens Marais gaan die losies aansienlik minder wees.

“Dit gaan ’n geval wees van mense wat hul hande sal moet opsteek indien hulle ’n losie in die stadion wil bekom.

“Wat ons wel as nie-onderhandelbaar sien ten opsigte van die losies, is dat dié losie- en seisoen-kaartjiehouers dan voorkeur moet kry (om die losies en kaartjies te bespreek) wanneer daar ander geleenthede in die stadion aangebied word,” sê Marais.

“Vir die ekonomiese model om te werk, gaan daar sekere voorkeure en voordele vir hulle (die losie- en kaartjiehouers) moet wees.

“Daar is egter nog baie besonderhede rondom die ooreenkoms wat uitgeklaar moet word.”

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Zelt Marais  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.