Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP wil PSDT en Bongi behou, maar het plan B

Die Westelike Provinsie hoop steeds om die Wêreldbeker-sterre Pieter-Steph Du Toit en Bongi Mbonambi te oortuig om hul kontrakte tot ná Oktober te verleng, maar sal nie onkant betrap word as hulle die Kaap verlaat nie.

Bongi Mbonambi en Pieter-Steph du Toit saam in aksie vir die Stormers. Foto: Gallo Images

Ebrahim Rasool, voorsitter van Western Province Professional Rugby, die unie se sakevleuel, het Dinsdag op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê dat John Dobson, die hoofafrigter, ’n “oop mandaat” het om vir “enige speler te baklei”.

“Ons het dit bewys deur aan Siya Kolisi ’n ongekende aanbod te maak, maar daar was ander magte daar betrokke. Ons sal dit ook met Bongi en Pieter-Steph doen, of enigiemand wat onseker is of hy hier wil speel,” sê Rasool.

“Ek dink die aankondiging van ons kaptein (Steven Kitshoff) en onderkaptein (Salmaan Moerat), tesame met die speelstyl, sal selfs daardie spelers laat wonder of hulle elders sal wil speel.”

Dat Du Toit ’n oorsese kontrak nastreef, blyk reeds uit die feit dat hy op pad Munster toe was voordat die Ierse Rugbyunie (IRU) ’n stokkie voor daardie plan gesteek het. Die salaris wat Du Toit sou verdien – volgens berigte in Ierland R10,3 miljoen vir een seisoen – was in die oë van David Nucifora, die IRU se hoëprestasiebestuurder, onregverdigbaar gegewe die besparings wat klubs en spelers weens die koronaviruspandemie in die gesig staar.

Vir die WP is dit beslis nie die moeite werd om daardie soort geld op ’n enkele speler te bestee nie.

In die geval van Mbonambi het sy agent gesê dat die Bok-haker eers ná die komende reeks teen die Britse en Ierse Leeus oor sy toekoms sal besin. Soos in Du Toit se geval is hy tot einde Oktober by die WP gekontrakteer.

Daar moet ook in ag geneem word dat Springbokke van Julie tot November maar min rugby vir hul provinsies gaan speel. Op toetsvlak wag ’n reeks teen die Britse en Ierse Leeus, die Rugbykampioenskap en ’n jaareindtoer.

Die kontraktering is 90% afgehandel en indien een of twee spelers ons verlaat, is daar uitstekende spelers wat hulle oor die volgende jaar kan vervang.

Ongeag wat gebeur, sal die WP nie onkant betrap word nie.

“Ons wil nie oor ses maande die afrigter daarvan beskuldig dat hy nie vir elke moontlikheid beplan het nie, so alle opsies is op die tafel,” sê Rasool.

Dobson het reeds met die aanwins van Evan Roos en Willie Engelbrecht – laasgenoemde vir eers net as ’n leenspeler – sy losvoorspelerspens aangevul.

Op haker is daar ’n goeie kans dat Malcolm Marx hom volgende jaar by die WP kan aansluit indien Mbonambi die Kaap verlaat.

Volgens Dobson het nóg Mbonambi nóg Du Toit vir hom al in kennis gestel dat hulle die WP gaan verlaat.

“Ons eerste doelwit is om hulle te behou, maar daar is ’n uitstekende plan B,” sê Dobson.

“Die kontraktering is 90% afgehandel en indien een of twee spelers ons verlaat, is daar uitstekende spelers wat hulle oor die volgende jaar kan vervang.

“Vir die eerste keer in ’n lang tyd kom die CV’s nou ons kant toe. In die tyd wat ons pas op die oefenveld was, het ons navrae van drie spelers gekry, waarvan twee internasionale spelers is wat graag vir die Stormers wil kom speel. Duidelik beweeg ons in die regte rigting.”

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Bongi Mbonambi  |  Pieter-Steph Du Toit  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.