Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WP, Yanks stamp kop; stadion kos...

Sake by die Westelike Provinsie Rugbyunie lyk al hoe meer benard. Nie net kry die voorgestelde belegging van MVM Holdings wéér die wind van voor nie, maar die unie lyk uit ’n geldelike posisie ook uiters kwesbaar.

Die Kaapstad-stadion gaan die WP en Stormers se nuwe tuisveld wees.Foto: Getty images

Die WP se sakevleuel word reeds teen ’n aansienlike verlies bedryf. Die WP Rugbyunie, die amateurarm, het ’n lening van R112 miljoen by Flyt Properties aangegaan as deel van ’n eiendomsontwikkelingsooreenkoms vir die Nuweland-stadion, wat binne vier jaar teen ’n prima rentekoers terugbetaal moet word.

Die skuif na die Kaapstad-stadion gaan die Kaapse span óók miljoene rande kos. Die WP moet minstens 30% van die koste dek vir die 168 losies wat by die stadion aangebou word – teen ’n koste van minstens R75 miljoen. Die bedrag moet oor 25 jaar aan die stadsraad terugbetaal word.

Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, het aan Rapport bevestig die WP gaan ook rente op dié bedrag betaal.

Die WP het die afgelope week begin om die losies by die nuwe stadion te bemark. Dit gaan die WP sowat R1,4 miljoen per wedstryd kos om ’n wedstryd in die stadion aan te bied.

Nielsen sê die stadion is ’n bate van die stad. Dit word verhuur aan die Kaapstadstadion-maatskappy – ’n munisipale entiteit. Die Kaapstad-stadion het ’n ooreenkoms van 99 jaar, met WP as die hoofhuurder. Die WP huur die stadion net op wedstryddae. Die stadionmaatskappy kan dit steeds uitverhuur vir geleenthede soos konserte.

“As deel van die ooreenkoms met WP het die stad ingestem om die losies te bou. Die kontrak, ter waarde van R250 miljoen, is aan die gang. Die suites moet vroeg in 2021 voltooi wees.”

Dit blyk ook die onderhandelinge tussen WP en MVM Holdings het weer vasgeval. MVM se Marco Masotti het gister die land verlaat en is terug New York toe.

Rapport verneem die WP weier steeds om beheer oor rugbysake aan die belegger oor te gee. Ingeligtes sê die kanse dat die belegging deurgevoer gaan word, is slegs “10 tot 15%”.

’n Beherende aandeel is ’n ononderhandelbare aspek van die $6 miljoen se belegging. Die WP se sakevleuel het verlede jaar ’n verlies van R40 miljoen gely.

Rapport verneem ook MVM was woedend oor ’n sin in die mediaverklaring wat WP verlede Saterdagaand uitgestuur het. Die WP het beweer Masotti het gesê “ons wil alles wat die afgelope vier maande in die media gekommunikeer is, terugtrek”.

Masotti het dit glo nooit gesê nie. Dit was glo ook nie in die weergawe wat die WP se direksievoorsitter, Ebrahim Rasool, vir hom oor die foon gelees het nie.

Marais het die week aan Rapport gesê dit was ’n “misverstand”. WP het ’n tweede weergawe van die verklaring Sondag uitgestuur, sonder dié sin.

Marais het gister in antwoord op Rapport se navrae ’n toespraak aangestuur wat Muhammad Khalid Sayed, die ANC se adjunksweep in die Kaapse provinsiale wetgewer, gelewer het op ’n sportindaba van die Verenigde Koalisie vir Sport en Gemeenskapsgebaseerde Organisasies by Islamia College.

• Hy het ook gesê dit is “uiters onprofessioneel van die onderburgemeester (Neilson) om ’n vertroulikheidsooreenkoms te oortree”. Die WP se sakevleuel het ook twee nuwe onafhanklike direkteure, Lauren Benjamin en Solly Moeng, aangestel.

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.