Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Zeilinga hoop om sy staal te wys by Leeus
Fred Zeilinga
Fred Zeilinga

Fred Zeilinga sweet saam met die Leeus in die hoop om ’n kontrak daar los te slaan.

Die 28-jarige losskakel is vir ’n proeftydperk in Johannesburg nadat hy die laaste tyd ’n nuwe heenkome gesoek het.

Hy is in 2018 van die Cheetahs na Japan, waar hy twee jaar vir die klubspan Canon Eagles gespeel het. Dié span is toe deur Allister Coetzee, oudafrigter van die Bokke, afgerig.

Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika het Zeilinga se naam dikwels opgeduik in gesprekke oor franchises se inkopielyste.

In ’n stadium is selfs gesê hy kan dalk na die Cheetahs terugkeer in die plek van Tian Schoeman, wat deesdae vir die Engelse klubspan Bath speel.

Maar die Cheetahs het intussen vir Brandon Thomson gekontrakteer.

Zeilinga sal vir die Leeus waardevolle diepte op losskakel bied, veral as Elton Jantjies internasionale verpligtinge het of beseer is.

Terwyl Jantjies nog gerus word, het die Leeus onlangs selfs hul eerstekeuse-heelagter, Tiaan Swanepoel, op losskakel laat speel om hul diepte in dié posisie te verbeter.

Zeilinga kom na Johannesburg met ’n sleepwaentjie vol ervaring. Hy het al spanne soos die Haaie, Cheetahs en die Suid-Afrikaanse A-span verteenwoordig.

Meer oor:  Leeus  |  Fred Zeilinga  |  Kontrakte  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.