Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Zelt: ‘Die media tas mis; julle is in goeie hande’

Lekkasies uit sy eie geledere is volgens Zelt Marais die eintlike gif wat die Westelike Provinsie Rugbyunie se handelsnaam onberekenbare skade toegedien het.

Zelt Marais, president van die Westelike Provinsie Rugbyunie.

Marais, die president van die Kaapse unie, skryf ook in ’n brief aan klubs en aandeelhouers niks is verder van die waarheid verwyder nie as berigte dat die WP ’n rigtinglose organisasie is wat wankelrig van die een finansiële krisis na die ander strompel.

“Die unie is deur ’n onbekende persoon of persone verwoes. Ongelukkig van binne sy strukture, wat vertroulike inligting aan ongemagtigde derde partye uitgelek het.

“Gegewe die uitval as gevolg van dié lekkasies, lyk dit asof daar ’n noukeurige strategie daaragter is om die unie se kommersiële en sportpogings in die algemeen, en my presidentskap – en veral die mandaat wat u (die WP-klubs) my gegee het – te ondermyn.

“Die verdere negatiewe effek van dié lekkasies is dat dit ook ’n negatiewe uitwerking op ons reputasie hier in Suid-Afrika en in die buiteland het.”

Marais sê die unie probeer hard om uit te vind wie agter die lekkasies sit.

“Ons maak bestendige vordering in dié verband. Ons hoop dat ons hierdie plaag binnekort sal uitroei.”

Die unie het doelbewus nie die vlaag balle wat in die media na hom geskop is, terugbesorg nie.

Marais vermeld geen name in sy ope brief nie, maar hy het onlangs vir omstredenheid gesorg toe hy Junaid Moerat geskors het omdat hy na bewering vertroulike inligting aan Rapport laat uitlek het. Moerat was op die punt om as die WP se nuwe uitvoerende hoof te begin werk toe hy geskors is.

Marais skryf ook die prentjie wat in die media van hom geskilder word, is onregverdig.

“Die unie het doelbewus nie die vlaag balle wat in die media na hom geskop is, terugbesorg nie. Dit het min nut om in ’n woordeoorlog met naamlose persone betrokke te raak,” sê hy. “Ons besef egter dat hierdie mediaberigte angs en miskien onsekerheid onder ons lede veroorsaak.”

Juis daarom het Marais volgens sy ope brief besluit om sy klubs en aandeelhouers die versekering te gee dat sy unie “in veilige hande en op koers is” om die WP die voorste klub in wêreldrugby te maak.

Ebrahim Rasool, voorsitter van die WP-sakevleuel, het by navraag gesê hy het geen jurisdiksie oor Marais se kommunikasie met die klubs nie.

Meer oor:  Wpru  |  Zelt Marais  |  Media  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.