Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Zimbabwe se Maidza op Cheetah-lys

Vier voormalige toetsspelers, Matt Proudfoot, Daan Human, David Maidza en Corniel van Zyl, tel onder die name op die kortlys waaruit die Cheetahs die opvolger van Franco Smith sal aanwys.

Franco Smith het nog belangrike werk om te doen voor hy die Cheetahs vaarwel roep. Foto: Gallo Images

Hawies Fourie, wat self op sy dag provinsiale rugby gespeel het, is die vyfde naam op die kortlys. Ofskoon sy naam nie aan Rapport genoem is nie, kan Jimmy Stonehouse ook nog op die lys beland.

Proudfoot het Skotland verteenwoordig en is tot ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi nog een van die Springbokke se hulpafrigters. Sy Bok-kontrak verstryk ná die Wêreldbeker.

Human het die Bokke verteenwoordig en is tans die Bulle se skrumafrigter. Hy was tot einde Mei ook die Cheetahs se skrumafrigter.

Die Bulle wil hom graag heeltyds as skrumafrigter betrek, maar as hy die pos by die Cheetahs kry, sal hy nader aan sy plaas by Verkeerdevlei buite Bloemfontein wees.

Van Zyl het vir Italië slot gespeel voordat hy saam met Smith teruggekeer het om steeds die Cheetahs se huidige voorspelerafrigter te wees. Deur Van Zyl se naam op die kortlys te plaas, wys dit dat die Cheetahs vertroue in hul eie strukture het.

Jimmy Stonehouse kan ook nog op die lys beland.

Maidza is die verrassende naam op die kortlys wat nog nie in die media genoem is nie.

Hy het vir Zimbabwe gespeel en is as afrigter bekend aan die Vrystaters. Hy was van 2005 tot 2007 een van die Cheetahs se hulpafrigters en is daarna Baai toe, waar hy by die Grens, Kings en Madibaz betrokke was.

Fourie is die Maties, die Varsitybeker-kampioen, se hoofafrigter. Hy was al onder meer een van die Cheetahs se hulpafrigters en Griekwas se hoofafrigter. Hy ken die Cheetahs se strukture en sal maklik inskakel.

Stonehouse soek na ’n groter geleentheid. Hy was in die wedloop om die Bulle se pos voor Pote Human se aanstelling, maar het hom later onttrek.

Onderhoude sal binnekort met die bogenoemde afrigters gevoer word. Smith sal die Vrystaters intussen nog in die Curriebeker afrig, voordat hy van 2020 af die hoofafrigter van die Italiaanse span word.

Deon Davids

Intussen word  daar beweer dat die Kings hard vry na ’n Nieu-Seelandse afrigter om Deon Davids te vervang.

Hulle praat in die stadium met verskeie Nieu-Seelanders oor die moontlikheid om in die Baai af te rig.

Rapport kan bevestig dat Mzwandile Stick ná die Wêreldbeker as een van die Bokke se hulpafrigters sal aanbly en nie by Davids sal oorneem nie.

Sean Everitt van die Haaie het ook vroeër nee gesê vir ’n aanbod van die Kings om na die Baai te verhuis.

Davids en die Kings kan volgende week ’n skikking bereik aangesien Loyiso Dotwana, voorsitter van die Kings se raad, eers vandag van oorsee af terugkeer.

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith  |  Daan Human  |  Matt Proudfoot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.