Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
13 Leipies gekies vir streekspan

Die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap is die naweek in Port Elizabeth gehou en nie minder nie as 13 atlete van die Laerskool Louis Leipoldt in Centu­rion was in die Gauteng-Noord-span ingesluit.

Die tweelingbroer en -suster LD en Li-Mari Dekker (13) en hul jonger suster Minke (9) het ook deelgeneem. Li-Mari is al van 2013, toe sy met landloop begin het, ’n lid van die Gauteng-Noord- span. Sy was in 2014 die Suid-Afrikaanse kampioen en het by nog twee geleenthede onder die topdrie geëindig. Minke is al in gr. 1 in die Gauteng-Noord-span ingesluit toe sy ’n jaar jonger as haar spanmaats was.

Interessant genoeg was daar ’n hele aantal Louis Leipoldt-leerlinge wie se ouers ook aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelgeneem het.

Dieneke Beukes (10) en haar pa, Gerhard, Izelle Nel (10) en haar pa, Gerrie, Adrian O’Kelly (10) en sy pa, Douw, het almal deelgeneem.

Wat die uitslae betref, het Li-Mari en Dieneke brons medaljes verower en hul spanne, onderskeidelik die o.13- en o.10-spanne, het hul afdelings gewen. Tyler van Rooyen (7), wat nog ’n jaar te jonk vir haar afdeling is, het onder die toptien in die o.8-groep geëindig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.